Lys van Joodse feeste en herdenkings

Wikimedia lysartikel

Hierdie is 'n lys van Joodse feeste en herdenkings volgens die Joodse kalender. Joodse feeste staan bekend as Jamim Towim (Hebreeuse meervoud: ימים טובים, letterlik: "Goeie dae") of Jom Tow (eenvoud: יום טוב, letterlik: "Goeie dag"). Hulle is gerangskik volgens die herdenkings in die jaarkring, die hedendaagse vakansiedae in Israel en ander herdenkings en vasdae in Judaïsme. Die twee heiligste dae in die Joodse kalender is die weeklikse Sabbat en die jaarlikse Jom Kippoer. Die drie tradisionele Bedevaartsfeeste (שלוש רגלים, sjalosj regalim) is Pesach, Sjavuot en Soekkot. Tydens die bestaan van die Tweede Tempel het die Jode na Jerusalem getrek en gedurende hierdie feeste offers gebring. Van die kleiner (na-Bybelse) Joodse feeste is Chanoeka en Poerim, waarby die hoofherdenkings in die aand gehou word en die dae gewone werkdae is. Die Joodse kalender beskik oor vier nuwejaarfeeste, waarvan Roosj Hasjana, die "hoof van die jaar", die vernaamste is. Die drie ander nuwejaarfeeste is Toe Bisjwat ("nuwejaar van bome"), Roosj Hasjana Labehemá ("nuwejaar van plaasdiere") en 1 Nisan vir die telling van die maande en bepaling van die groot feeste asook vir die berekening van die jare van 'n Joodse koning se regering. Die einde van die jaarlikse leessiklus van die Tora en die begin van 'n nuwe leessiklus in die sinagoge word op Simgat Tora gevier.

Kerse word net voor die begin van die Joodse Sabbat en Joodse feeste aangesteek. Met die Kidoesj word die seën oor 'n beker wyn gespreek wat die Sabbat en Joodse feeste inlui

Feeste en herdenkings in die jaarkring wysig

NaamHebreeusVertalingBetekenisDatum
Roosj Hasjanaרֹאֹשׁ הַשָּׁנָהHoof van die jaarNuwejaar1–2 Tisjrie
Jom Kippoerיוֹם כִּפּוּרDag van VersoeningVersoeningsdag10 Tisjrie
SoekkotסֻכּוֹתLoofhutteLoofhuttefees, Fees van Insameling15–21 Tisjrie
Hosjana Rabbaהושענא רבהGroot smekingLaaste dag van Soekkot21 Tisjrie
Sjmini Atséretשְּׁמִינִי עֲצֶרֶתAgtste [dag] van die vergaderingAfsluiting22 Tisjrie
Simgat Toraשִׂמְחַת תּוֹרָהToravreugdeVerbly met die Tora22 (Israel) of 23 Tisjrie (Diaspora)
ChanoekaחֲנֻכָּהInhuldiging, inwydingLigtefees25 Kislew – 2 Tewét (gewone jaar)
Kort Kislew: 25 Kislew – 3 Tewét
Toe biSjwatט״ו בשבט‎15de [dag] in Sjwatראש השנה לאילנות
Nuwejaar van die bome en plante
15 Sjwat
PoerimפוריםLoteLotefees14 (gewone stede) of 15 Adar (antieke ommuurde stede)
PesachפֶּסַחOorslaanLentefees, vryheidsfees of matsafees15–21 (Israel) of 15–22 Nisan (Diaspora)
Lagh ba'Omerל"ג בעומר‎33ste [dag] van die omertellingEinde van die rouperiode18 Ijjar
SjavuotשבועותWekeWekefees, Fees van die weke, Pinkster6 (Israel) of 6–7 Siwan (Diaspora)
Tisj'a be'Awתשעה באבNegende [dag] in AwRoudag ter herdenking van die tweemalige vernieling van Jerusalem se Tempel9 Aw
Toe be'Awט״ו באב‎15de [dag] in AwDag van vreugde en liefde15 Aw

Nuwe Israeliese feeste en herdenkings wysig

NaamHebreeusBetekenisDatum
Jom haSjo'aיום השואהHolocaustherdenking27 Nisan
Jom haZikaronיום הזיכרוGedenkdag vir gesneuwelde Israeliese soldate4 Ijjar
Jom ha'Atsma'oetיום העצמאותIsraeliese onafhanklikheidsdag5 Ijjar
Jom Jeroesjalajimיום ירושליםFees van Jerusalem se hereniging tydens die Sesdaagse Oorlog 196728 Ijjar

Ander feesdae wysig

  • Sabbat (שבת, weeklikse rusdag)
  • Brit Milá (ברית מילה, Besnyding)
  • Bar Mitswá of Bat Mitswá (בר מיצוה of בת מיצוה, Godsdienstige volwassenheid)
  • Rosj Chódesj (ראש חודש, maandelikse viering van die nuwe maan)

Vasdae wysig

NaamDatum
Tsom Gedalja3 Tisjrie
Jom Kippoer10 Tisjrie
Asará beTewét10 Tewét
Ta'anit Ester13 Adar
Vas van die eersgeborenes14 Nisan
Sjiw'a Asar beTamoez17 Tamoez
Tisj'a be'Aw9 Aw

Eksterne skakels wysig

  • (en) Emil G. Hirsch. "FESTIVALS". Jewish Encyclopedia. Besoek op 13 Desember 2022.{{cite web}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  • (en) Solomon Schechter, Julius H. Greenstone. "HOLY DAYS". Jewish Encyclopedia. Besoek op 13 Desember 2022.{{cite web}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  • (en) "Jewish religious year". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Desember 2022.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wiki How vertaal.