Koolstofmonoksied

chemiese verbinding

Koolstofmonoksied (CO) is 'n kleurlose, reuklose en smaaklose gas wat effens minder dig as lug is. Die gas is toksies vir mense as dit voorkom in konsentrasies wat groter is as 35 dele per miljoen (dpm). Koolstofmonoksied word vervaardig tydens die verbrandingsproses van binnebrandenjins. Daar gebeur steeds ongelukke daarmee soos wanneer 'n petrolopwekker in 'n klein ruimte gebruik word om stroom op te wek.[3]

Eienskappe

Algemeen

NaamKoolstofmonoksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleCO
Molêre massa28 [g/mol]
CAS-nommer630-08-0[1]  
VoorkomsKleurlose gas  
ReukReukloos
Fasegedrag
Smeltpunt-201,1 °C[1]
Kookpunt-191,5 °C[1]
Digtheid1,2501 [kg/m3] (@0 °C)[1]
Oplosbaarheid 
Kritieke druk3499 kPa[1] 
Henry se konstante9,16 x 10-4 [L/mol.Atm]; 1400 [K] [2]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt
Selfontbrandingspunt605 °C[1]

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Metaalkarboniele wysig

Koolstofmonoksied kan met metale karbonielverbindings vorm soos nikkeltetrakarboniel Ni(CO)4, ysterpentakarboniel Fe(CO)4 of chroomheksakarboniel Cr(CO)6. [4]Dit is verbindings van die metale in hulle oksidasietoestand nul. Hulle is molekulêre verbindings met lae smeltpunte. Die reaksie met nikkel verloop reeds teen temperature soos 50° C en nikkel is daarom nie geskik vir gebruik met gasse was CO bevat nie.

Nikkeltetrakarboniel is baie toksies, maar dit kan gebruik word om nikkel te suiwer.

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "MSDS Praxair" (PDF) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 22 Maart 2016.
  2. Sander.
  3. "Tieners dalk deur gifgasse oorval". Son. 2022.
  4. Dario Braga, Fabrizia Grepioni, and A. Guy (1993). "Nickel carbonyl [Ni(CO)4] and iron carbonyl [Fe(CO)5]: molecular structures in the solid state". Organometallics. 12 (4): 1481–1483. doi:10.1021/om00028a082.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)