Die Knesset (Hebreeus: כנסת – HaKeneset, letterlik: die vergadering of die samekoms) is die volksverteenwoordiging van die Staat Israel. Die gebou van die Knesset lê in Israel se hoofstad Jerusalem.

Embleem van die Knesset

Die parlement bestaan uit 120 lede, waaronder 'n voorsitter. Die lede geniet immuniteit en word volgens eweredige verteenwoordiging verkies. Die huidige voorsitter is Amir Ohana van die Likud-party.

Die wetgewende mag berus by die Knesset, wat onderverdeel is in kommissies. 'n Nuwe regering moet goedgekeur word deur die volksverteenwoordiging en ook kies die Knesset die president. Die lede van die regering is daarbenewens lid van die parlement (die huidige regering is die Netanyahu VI-kabinet).

Die Knesset mag sig ontbind en nuwe verkiesings uitskryf.

Onglangse geskiedenis wysig

Op 9 April 2019 was die verkiesings vir die 21ste Knesset gewees. Die verkiesings was gewen deur die Likoed, op die voet gevolg deur die nuweling Blou en Wit. Veral die Arbeidsparty en Kulanu het baie verloor. In die algemeen kan word gesê dat die regs-nasionalistiese partye het gewen. Op 30 April 2019 was die 21ste Knesset ingesweer.

Die premier Benjamin Netanyahu se poginge om 'n nuwe regering te vorm het misluk. Daarom was op 17 September 2019 nuwe verkiesings vir die 22ste Knesset gehou. Op 3 Oktober 2019 was die 22ste Knesset ingesweer. Weer het Netanyahu tevergeefs geprobeer 'n nuwe regering te vorm. Opposisieleier Benny Gantz het toe tevergeefs geprobeer 'n nuwe kabinet te maak.

Daarom was op 2 Maart 2020 verkiesings vir die 23ste Knesset gehou, wat op 16 Maart was ingesweer. Netanyahu het daarna met Gantz 'n regering gevorm maar die was in Desember oor die begroting geval.

Sodoende was op 23 Maart 2021 die verkiesings vir die 24ste Knesset gehou, wat deur Likoed was gewen. Die nuwe Knesset was op 6 April ingesweer en die Bennett-Lapid-kabinet was in Junie 2022 saamgestel.

Op 1 November 2022 is die verkiesings vir die 25ste Knesset gehou. Die nuwe Knesset is op 15 november ingesweer en die Netanyahu VI-kabinet is op 29 Desember 2022 saamgestel.

Verkiesings wysig

PartyVertalingPosisieGebruiklike naam2022 (25ste Knesset)2021 (24ste Knesset)2020 (23ste Knesset)2019 sept
(22ste Knesset)
2019 april
(21ste Knesset)
2015
(20ste Knesset)
2013
(19de Knesset)
2009
(18de Knesset)
2006
(17de Knesset)
HaLikudDie EenheidRegs-nasionalisties, liberaalLikoed323035323530182712
Yesh AtidDaar Is 'n ToekomsMiddeYesh Atid24171613151119
HaIchud HaLeumi-Tkuma -> HaTzionut HaDatitNasionale Unie-Tkuma -> Religieuse Sionistiese PartyRegs-nasionalisties, religieusTkuma -> Religieuse Sionistiese Party146222
HaMaḥane HaMamlakhtiParty van Nasionale EenheidMidde-nasionalistiesParty van Nasionale Eenheid12
Kahol LavanBlou en WitMidde-nasionalistiesBlou en Wit88333335
Hosen L'YisraelVeerkragtigheid IsraelMidde-nasionalistiesVeerkragtigheid Israel88121414
Tikva HadashaNuwe HoopLiberaal, nasionalisatiesNuwe Hoop46
ShasSefardiese Torah WagtersUltra-Ortodoks (Sefardies)Shas1199987111012
Yahadut HaTorah HaMeuḥedet [1]Verenigde Torah JodedomUltra-Ortodoks (Asjkenasies)Verenigde Torah Jodedom777786756
Agudat YisraelBond van IsraelReligieus (Asjkenasies), ChassidiesAgudat Yisrael433443433
Degel HaTorahVlag van die ThoraReligieus (Asjkenasies), MitnagdiesDegel HaTorah344343323
Yisrael BeiteinuIsrael Ons HuisRegs-nasionalisties, sekulêrYisrael Beiteinu677856131511
Ra'amVerenigde Arabiese LysArabies, IslamistiesRa'am544323333
HadashArabiese Front voor Vrede en GelykheidArabies, links (Kommunisties)Hadash435545443
Ta'alArabiese Beweging voor VernuwingArabies, sekulêrTa'al123222111
HaAvodaDie ArbeidspartyLinks (Sosiaaldemokraties)Arbeidsparty472561915819
YaminaRegsRegs-nasionalisties, (religieus)Yamina767
HaYamin HeHadashNuwe RegsRegs-nasionalistiesNuwe Regs733
al-Qa'imah al-Mushtarakah / HaReshima HaMeshutefetArabiesGesamentlike Lys6151313
MeretzVitaliteitLinks, sekulêrMeretz64345635
BaladNasionaal-Demokratiese VergaderingArabies, links (Sosialisties)Balad13323333
HaAvoda-Gesher-MeretzMidde-linksArbeidsparty-Gesher-Meretz7
TelemMidde-nasionalistiesTelem555
HaBayit HaYehudiDie Joodse HuisRegs-nasionalisties, religieusDie Joodse Huis1238123
GesherMiddeGesher11
KulanuOns AlleMidde-regsKulanu1410
HaAvoda-GesherMidde-linksArbeidsparty-Gesher6
HaMaḥaneh HaDemokratiLinksDemokratiese Unie5
Ihud Miflagot HaYaminUnie van Regtervleuel PartyeRegs-nasionalisties, religieusUnie van Regtervleuel Partye45
onafhanklik11
HaTnu'a HaYeruqaGroene Beweging1
Yisrael DemokratitIsrael Demokratiese Party1
HaMaḥaneh HaẒiyoniMidde-linksSionistiese Unie24
HatnuahDie BewegingMidde-linksHatnuah56
KadimaVoorwaartsMiddeKadima22829
Ha'Atzma'utOnafhanklikMidde-linksOnafhanklik5
Halchoed HaLe'oemieNasionale UnieRegs-nasionalistiesNasionale Unie4
Am ShalemGehele NasieSekulêr-religieusGehele Nasie1
Halchoed HaLe'oemie – MafdalNasionale Unie – Nasionaal-Religieuse PartyRegs-nasionalisties, religieusNasionale UnieNasionaal-Religieuse Party9
GilMense wat op pensioen is in die KnessetOuereGil7
Totaal120120120120120120120120120

Notas:

---

---

---

---

---

---

---

---

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. Dikwels aangedui as Yahadut HaTorah.

Beelde wysig

Bronnelys wysig

Eksterne skakels wysig

Koördinate: 31°46′36.1″N 35°12′18.70″O / 31.776694°N 35.2051944°O / 31.776694; 35.2051944