Jasper Wiese

Jasper van der Westhuizen Wiese (gebore 21 Oktober 1995 in Upington) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir Leicester Tigers in Engeland se Premierliga speel. Hy het voorheen vir die Cheetahs in die Pro14 gespeel, die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker en die Vrystaat XV in die Rugby-uitdaagreeks.[1] Hy kan op agsteman of flank speel.

Jasper WieseRugbyportaal
Volle naamJasper van der Westhuizen Wiese
Geboortedatum21 Oktober 1995 (1995-10-21) (28 jaar oud)
GeboorteplekUpington, Noord-Kaap
Lengte1,90 m
Massa118 kg
SkoolHoërskool Upington
BeroepProfessionele rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s)Agsteman of flank
Springbokno.52773
Amateurspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
2014–2016CUT Ixias11(10)
Professionele / senior klubs
JareKlub / spanWeds(pte)
2020–Leicester Tigers45(55)
korrek soos op 15 Julie 2022.
Provinsiale- / Staatspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
2016–2017
2017
2017–2020
Vrystaat XV
Griffons
VS Cheetahs
24
6
16
(55)
(15)
(25)
korrek soos op 15 Julie 2022.
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
JareKlub / spanWeds(pte)
2017–2020Cheetahs13(15)
korrek soos op 15 Julie 2022.
Nasionale span(ne)
JareLandWeds(pte)
2021–Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika26(5)
korrek soos op 1 November 2023.

Wiese het sy debuut vir die Springbokke in Julie 2021 as 'n plaasvervanger teen Georgië gemaak. Hy was 'n Premierliga Rugbykampioen in 2022, het 'n drie in die eindstryd gedruk in Leicester se 15-12 oorwinning oor Saracens en is as die Speler van die Wedstryd aangewys.[2] Hy was ook deel van Suid-Afrika se wenspan tydens die Rugbywêreldbeker 2023.

Verwysings wysig

  1. Jasper Wiese by SARugby.co.za[dooie skakel]
  2. (en) "Premiership final: Leicester Tigers 15-12 Saracens - Freddie Burns drop-goal clinches title". BBC Sport. 18 Junie 2022. Besoek op 20 Junie 2022.