James Bond

fiktiewe spioen in die romans van die Britse skrywer Ian Fleming

James Bond is 'n fiktiewe spioen in die romans van die Britse skrywer Ian Fleming. James Bond is ’n onverskrokke, aantreklike geheime agent vir die Britse regering, met die kodenaam "007". Talle van die Bond-verhale is tot trefferflieks verwerk. Hierdie rolprente wemel van opwindende tonele vol gevaar, mooi vroue en spesiale geheime toerusting om mense aan te val, boodskappe te stuur, ens. Hierdie stories is ook vir TV, radio, strokiesprente en video-speletjies aangepas.[1]

James Bond
Hoagy Carmichael – soos Ian Fleming sy James Bond gesien het.
Hoagy Carmichael – soos Ian Fleming sy James Bond gesien het.

Skepping
Eerste verskyningCasino Royale (1953)
Geskep deurIan Fleming
Uitgebeeld deurSean Connery (1962–1967; 1971; 1983)
George Lazenby (1969)
Roger Moore (1973–1985)
Timothy Dalton (1987–1989)
Pierce Brosnan (1995–2002)
Daniel Craig (2006–hede)
Inligting
Byname007
SpesieMens
GeslagManlik
BeroepSpioen
Getroud metTracy Bond-Vincenzo
KindersJames Suzuki
Ander familieAndrew Bond (vader)
Monique Delacroix Bond (moeder)
Charmian Bond (tannie)
Max Bond (oom)
1
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk

Fleming het die Bond-karakter in twaalf romans en twee verhaalbundels gebruik. Die eerste hiervan heet Casino Royale. Ná Fleming se dood in 1964 het verskeie ander skrywers Bond-boeke gelewer, onder andere Kingsley Amis, Christopher Wood, John Gardner, Raymond Benson, Sebastian Faulks, Jeffery Deaver en Anthony Horowitz.

Die karakter wysig

Fleming se James Bond is 'n spioen met 'n license to kill (mandaat om te dood). Hy werk vir MI6 en rapporteer aan M, die hoof van die agentskap. Moneypenny is M se sekretaresse. Bond is 'n ware heer. As hy hom aan iemand voorstel, sê hy gewoonlik: "The name's Bond, James Bond". Ongeag die dringendheid van die situasie benut hy elke geleentheid om tyd saam met 'n mooi meisie te spandeer.

'n Belangrike element in die meeste Bond-films is die karre, wapens en "gadgets" wat Bond van Q (die kwartiermeester) kry. Die bekendste Bond-motor is die silwergrys Aston Martin DB5, wat sy debuut in Goldfinger gemaak het.

Akteurs wysig

Die akteurs wat die rol van Bond vertolk het:

Flieks wysig

Sean Connery as James Bond (1962–1967, 1971, 1983) in Amsterdam in 1971.
Daniel Craig tydens die verfilming van Casino Royale.

Die Bond-flieks is:

No.NaamJaarAkteur
1Dr. No1962Sean Connery
2From Russia with Love1963Sean Connery
3Goldfinger1964Sean Connery
4Thunderball1965Sean Connery
5You Only Live Twice1967Sean Connery
6On Her Majesty's Secret Service1969George Lazenby
7Diamonds are Forever1971Sean Connery
8Live and Let Die1973Roger Moore
9The Man with the Golden Gun1974Roger Moore
10The Spy Who Loved Me1977Roger Moore
11Moonraker1979Roger Moore
12For Your Eyes Only1981Roger Moore
13Never Say Never Again1983Roger Moore
14Octopussy1983Roger Moore
15A View to a Kill1985Roger Moore
16The Living Daylights1987Timothy Dalton
17Licence to Kill1989Timothy Dalton
18GoldenEye1995Pierce Brosnan
19Tomorrow Never Dies1997Pierce Brosnan
20The World is Not Enough1999Pierce Brosnan
21Die Another Day2002Pierce Brosnan
22Casino Royale2006Daniel Craig
23Quantum of Solace2006Daniel Craig
24Skyfall2012Daniel Craig
25Spectre2015Daniel Craig
26No Time to Die2020Daniel Craig

Verwysings wysig

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels wysig