Havana (Spaans: La Habana) is die hoofstad van Kuba. Die stad is op 25 Augustus 1515 deur die Spanjaarde onder Diego Velázquez de Cuéllar as Villa de San Cristóbal de La Habana gestig en op 16 November 1519 tot die huidige plek geskuif. Koning Filips II van Spanje het op 20 Desember 1592 stadstatus aan Havana verleen. Tydens die Spaanse koloniale bewind was Havana die belangrikste hawestad in die Amerikas.

Havana
La Habana

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Kuba Kuba
 Provinsie La Habana
 Koördinate23°08′N 82°22′W / 23.133°N 82.367°W / 23.133; -82.367
 Gestig op16 November 1519
 Stadstatus20 Desember 1592
 Oppervlakte: 
 - Totaal728,6 vk km
 Hoogte bo seevlak5 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2011)2 135 498
 - Bevolkingsdigtheid2 932,3/vk km
 TydsoneEST (UTC -5)
 BurgemeesterMarta Hernández Romero
Satellietbeeld van Havana.
Die historiese stadsentrum van Havana.

Met 'n bevolking van 2 135 498 is Havana die grootste stad van Kuba asook van Wes-Indië. Die stad is in die noordoostee van die eiland aan die kus van die Golf van Meksiko net 150 kilometer suid van Florida geleë. Die oustad La Habana Vieja en die Spaanse vesting is in 1982 deur UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Eksterne skakels wysig