Hanlie van Niekerk

Suid-Afrikaanse sopraan en aktrise (1927 - 2005)

Hanlie van Niekerk (ca. 1927—2005) was 'n wêreldbekende sopraan wat in twee Afrikaanse rolprente opgetree het. Van Niekerk het in die jare 50 en 60 in verskeie operahuise, veral in Duitsland opgetree. Sy het ook in die Volksopera in Wene, Oostenryk, beroemdheid verwerf.

Hanlie van Niekerk
Hanlie van Niekerk (1961)
Agtergrondinligting
Geboreca. 1927
Sterf1 Julie 2005
Johannesburg
Beroep(e)Sangeres
Die Wapad berig op 29 Mei 1964 oor 'n opvoering van Faust met Hanlie van Niekerk en Gé Korsten.

Sy was eers met mnr. Piet Smit getroud en later met die destydse minister van polisie, mnr. Lourens Muller. Muller het haar verbied om in die openbaar te sing, maar sy hervat haar loopbaan na hulle egskeiding.

Sy is die ma van die konsertviolis Pieter Daniël, wat in Europa se konsertsale beroemd geword het.[1]

Diskografie wysig

  • Hanlie Sing vir Die Voortrekkers

Filmografie wysig

Verwysings wysig

  1. Sangeres Hanlie van Niekerk sterf[dooie skakel], Beeld, 2 Julie 2005

Eksterne skakels wysig