Hang die aantal besoeke van 'n artikel se kwaliteit af? wysig

Mens sal hoop dat die aantal besoekers vermeerder soos wat die kwaliteit van die artikel verbeter. Anders sou daar nie veel van 'n punt gewees het om hierso te skryf nie. Maar mens wonder soms. Dus noem ek hierdie interessante voorbeeld:

ArtikelLengteBladtrekke per dag
Kat6185037
Hond270012

Op die Engelse wikipedia kry cat en dog byna dieselfde aantal bladtrekke per dag (8400 teenoor 8900), so dis seker redelik om te aanvaar dat hulle ook ewe gewild in Afrikaans sou wees. Maar ons sien dat kat omtrent 3 keer gewilder is, en dit is waarskynlik te danke aan die feit dat sy artikel baie beter as hond s'n is. So ja, skryf 'n goeie artikel, en mense sal hom lees

Aan watter artikel moet ek werk? wysig

Daar is deesdae baie goeie bladtrekstatistiek beskikbaar (wat uiteindelik die botte en kruipers se besoeke kan ignoreer). Ek het bietjie daarin gaan delf, en twee dinge opgemerk: daar is lang artikels wat byna geen besoekers kry nie, en dan is daar kort artikeltjies (soms selfs saadjies) wat vreeslik baie besoekers kry. As mens lui is (soos ek) maak dit dus sin om die kort-maar-gewilde artikels te probeer opknap. Daardeur maak jy met min werk 'n groot bydrae.

Dit sou nuttig gewees het as daar 'n lys van kort-maar-gewilde artikels was (dis eintlik skrikwekkend hoe kort sommige van ons gewilde artikels is). So hoe bepaal ons of 'n artikel kort-maar-gewild is? Ek stel die volgende maatstaf voor, wat ek die moeitekoste van die artikel noem:

As die moeitekoste hoog is dan moet mens baie hard aan die artikel werk vir elke besoeker wat jy kry. As die moeitekoste laag is dan kan mens met min werk 'n groot verbetering aanbring, wat klomp van ons lesers gaan help.

Ek het die moeitekoste van klomp artikels gaan uitwerk. Hier is 'n rowwe oorsig van wat mens kry:

Moeitekoste

(grepe per bladtrek)

VoorbeeldeWat om te doen
Minder as 200Renoster Kameelperd Hoender Olifant Grond Woestyn Droogte Fiets Selfoon TelefoonVerbeter dringend
Minder as 500Kimberley Mosambiek Landbou Steenkool Trein Rekenaar Televisie Papier MynbouVerbeter
Meer as 3000Moskou Wolf Londen Berlyn Madrid Los Angeles BinnebrandenjinBesluit maar self wat om te doen - dis reeds uitstekende artikels, of artikels wat nie baie gelees word nie.

Soos julle sien is daar 'n klomp alledaagse artikels wat baie lae moeitekostes het. Dit is die tipe artikels wat die kwaliteit van wikpedia die vinnigste sal verbeter. Dit help nie om sommer enige lukrake artikel te verbeter nie - mens moet artikels wat populêr is verbeter.

.

Taalvaardigheid

afHierdie gebruiker se moedertaal is Afrikaans.
enThis user is a native speaker of English.
nl-3Deze gebruiker spreekt uitstekend Nederlands.
fr-2Cette personne peut contribuer avec un niveau intermédiaire de français.
de-1Dieser Benutzer hat grundlegende Deutschkenntnisse