Duikereiland

Duikereiland is 'n eiland net suid van Houtbaai naby Kaapstad in Suid-Afrika. Die eiland is 77 meter by 95 meter groot, met 'n oppervlak van ongeveer 0,4 hektaar. Die eiland is bekend vir sy mariene natuurlewe, soos voëls en pelsrobbe. Dit word gereeld deur toeriste en fotograwe per boot vanaf Mariner's Wharf in Houtbaai besoek.

Duikereiland
Kaapse pelsrobbe op Duikereiland
Kaapse pelsrobbe op Duikereiland
Geografie

LiggingHoutbaai, Suid-Afrika, Atlantiese Oseaan
Koördinate34°03′31″S 18°19′37″O / 34.05861°S 18.32694°O / -34.05861; 18.32694Koördinate: 34°03′31″S 18°19′37″O / 34.05861°S 18.32694°O / -34.05861; 18.32694

Oppervlakte0,4 hektaar

Administrasie
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap

Demografie
BevolkingOnbewoon

'n Uitsig oor Duikereiland in die Houtbaai

Op 13 Oktober 2012 het 'n huurboot genaamd Maroskha met 41 mense aan boort naby die eiland omgeslaan. Twee persone, 'n Britse toeris en 'n bemanningslid, het tydens die voorval omgekom.[1][2]

Sien ook wysig

Verwysings wysig

Eksterne skakels wysig