Dragon Li

Die Dragon Li (Chinees: 狸花猫; Li Hua Mao) is ’n Chinese katras. Die Chinese naam beteken "jakkalsblomkat"[1] na aanleiding van sy ooreenkoms met die jakkals en die kenmerkende patroon van die pels.

Dragon Li
Alternatiewe naam Li Hua Mao
Chinese Li Hua
Land China
Ontstaan Natuurlik
Soort lyf Stewig
Pels Kort
Patroon Onderbroke strepe
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon  Katte

Geskiedenis wysig

Daar word geglo Dragon Li's stam van die Chinese bergkat (Felis silvestris bieti) af en dat hulle self mak geword het. Daar is egter geen bewyse daarvoor nie. Dit is ’n skaars spesie, selfs in China self. Die katte is in 2003 die eerste keer as ’n eksperimentele ras in China geskou. In 2010 is dit deur die Cat Fanciers' Association (CFA) in die Gemengde Klas aanvaar.

Beskrywing wysig

Die Dragon Li het ’n unieke goudbruin kleur met onderbroke strepe. Dit het groot, ronde, amandelvormige geel of groen oë. Die lyf is stewig en van gemiddelde grootte. Die kat is besonder intelligent en baie bewus van sy omgewing.

Sien ook wysig

Lys van katrasse

Verwysings wysig

  1. Cat Breeds[dooie skakel]

Eksterne skakels wysig