Donetsk (Oekraïns: Донецьк, Donećk, [doˈnɛtsʲk], ; Russies: Донецк, [dɐˈnʲetsk]) is die vyfde grootste stad van Oekraïne en lê in die ooste aan die grens met Rusland in die Donetsk-oblast. Die stad is in 1869 deur die Russe gestig. Die stad het 'n bevolking van 905 364 en van 1 560 000 in die metropolitaanse gebied in 2021 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 358 km². Donetsk was een van die gasheerstede tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2012 wat Oekraïne en Pole saam aangebied het. Sedert 2014 dien dit as hoofstad van die selfverklaarde Volksrepubliek Donetsk wat sedert 2022 deur Rusland erken word.

Донецьк • Донецк
Donetsk

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Oekraïne Oekraïne (de jure)
Vlag van Volksrepubliek Donetsk Volksrepubliek Donetsk
(de facto)
 Oblast Donetsk
 Stigting1869
 Oppervlakte: 
 - Totaal358 vk km
 Hoogte bo seevlak169 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2021)905 364
 - Bevolkingsdigtheid2 960/vk km
 - Metropolitaanse gebied1 560 000
 TydsoneUTC +2 (OET)
 - SomertydUTC +3 (OEST)
 BurgemeesterAlexei Koelemzin
 Amptelike webwerfgorod-donetsk.com

Demografie wysig

Eksterne skakels wysig