Chihuahua (stad)

Chihuahua is die hoofstad van die gelyknamige deelstaat Chihuahua en geleë in 'n vallei aan die oewers van die Chuviscarrivier ongeveer 1288km noordwes van Meksikostad. Die vallei word omring deur die Sierra Madre berge.

Chihuahua

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Meksiko Meksiko
 Deelstaat Chihuahua
 Koördinate28°38′N 106°05′W / 28.633°N 106.083°W / 28.633; -106.083
 Gestig op12 Oktober 1709
 Oppervlakte: 
 - Totaal? vk km
 Hoogte bo seevlak1 433 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2014)887 600
 - Bevolkingsdigtheid?/vk km
 TydsoneMST (UTC -7)
 SomertydMDT (UTC -6)
 Klimaat 
 - TipeHalf-droë klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur18,0 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie9,2 / 25,2 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae448,4 mm
 BurgemeesterJavier Garfio (PRI)
 Amptelike Webwerfmunicipiochihuahua.gob.mx[dooie skakel]

Geskiedenis wysig

Die eerste mense hier was die plaaslike Indiane en 'n ou nedersetting is reeds in 1553 deur die Spanjaarde ontdek. In 1715 was die nedersetting San Felipe el Real de Chihuahua genoem. Daar was ryk lood en silwermyne in die omgewing en die nedersetting het gedy totdat die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog uitgebreek het. Politieke wanorde het gevolg en die dorpie het daaronder gely. In 1876 het stabiliteit gevolg onder die bewind van Porfirio Díaz. Die dorpie was twee keer beset deur die Amerikaanse Leër tydens die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog.

Die stad was ook die tydelike hoofstad van Meksiko in 1864 onder president Benito Juárez se bewind.

Die katedraal van Chihuahua is ontwerp deur Francisco Eduardo Tresguerras, een van Meksiko se bekendste argitekte. Konstruksie aan die katedraal het in 1717 begin en is in 1789 voltooi.

Bron wysig

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 6, Bladsy 224.

Eksterne skakels wysig

Hoofstede van Meksiko
HoofstedeAguascalientesCampecheChetumalChihuahuaChilpancingoColimaCuernavacaCuliacánDurangoGuadalajaraGuanajuatoHermosilloLa PazMéridaMexicaliMonterreyMoreliaOaxacaPachucaPuebla de ZaragozaQuerétaroSaltilloSan Luis PotosíTlaxcalaTepicTolucaTuxtla GutiérrezVictoriaVillahermosaXalapaZacatecas