Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
NeogeenMioseenAquitaniumjonger
PaleogeenOligoseenChattium23,03–28,1
Rupelium28,1–33,9
EoseenPriabonium33,9–38,0
Bartonium38,0–41,3
Lutetium41,3–47,8
Ipresium47,8–56,0
PaleoseenTanetium56,0–59,2
Selandium59,2–61,6
Danium61,6–66,0
KrytLaatMaastrichtouer
Die verdeling van die Paleogeen (IKS).

Die Chattium is die laaste chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Paleogeen (serie/epog Oligoseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 28,1 tot 23,03 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Rupelium en gevolg deur die eerste etage/tydsnede van die Neogeen, die Aquitanium.

Naam en definisie

wysig

Die Chattium is in 1894 deur die Duitse paleontoloog Theodor Fuchs genoem na die Germaanse stam die Chatte. Die oorspronklike tipeligging is in die omgewing van die Duitse stad Kassel.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die laaste voorkoms van die Foraminifera Chiloguembelina, en die bokant deur die begin van die magnetiese chronosone C6Cn.2, die eerste voorkoms van die Foraminifera Paragloborotalia kugleri en die laaste voorkoms van die nannoplankton Reticulofenestra bisecta.

Verwysings

wysig
  1. Gradstein et al. (2012)

Bronne

wysig