Boeing P-12

Die Boeing P-12 is 'n Amerikaanse dubbeldekker vegvliegtuig wat tussen die twee Wêreldoorloë sy verskyning gemaak het. Die vliegtuig is deur Boeing ontwikkel in hulle private hoedanigheid om die Boeing F2B en F3B te vervang. Boeing het die vliegtuig die F4B genoem. Die F4B was kleiner en ligter as sy voorgangers maar het dieselfde motor gehad as die F3B wat gelei het tot verbeterde prestasie.

Boeing P-12
Boeing P-12E by die Nasionale Museum van die United States Air Force
TipeVegvliegtuig
VervaardigerBoeing
Nooiensvlug25 Junie 1928
Bekendstelling1930
StatusOnttrek
HoofgebruikersUnited States Army Air Forces
Amerikaanse Vloot
Brasilië
Vervaardig1929–1932
Aantal gebou586

Die Amerikaanse Vloot het 'n groot bestelling geplaas en later ook die Amerikaanse Leër; laasgenoemde het die vliegtuig die P-12 genoem. Beide van die Amerikaanse magte het verskeie variante van die vliegtuie bedryf tot en met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog. Brasilië was die enigste land wat die vliegtuig gekoop het. Daar was 586 van die vliegtuig vervaardig.

Tegniese besonderhede wysig

Besonderhede van die Boeing P-12:
ItemStatistiek
Aantal motors1
Tipe motorSkroef
VervaardigerPratt & Whitney R-1340-16 Wasp negesilinder stermotor
Kraglewering per motor550 perdekrag
Vlerkspan9,14 m
Lengte6,12 m
Hoogte2,84 m
Vlerkoppervlakte21,13 m2
Maksimum opstygmassa1 638 kg
Maksimum snelheid303 km/h
Operasionele hoogte8 200 m
Togafstand595 km
Klimvermoë1,525 m in 2 minute, 42 sekondes.
BewapeningTwee 7,62mm masjiengewere

Sien ook wysig

Bron wysig