Blinktaaibos
Die Blinktaaibos (Searsia lucida), voorheen Rhus lucida, is 'n klein boompie wat tussen struikgewasse of in woude gevind word vanaf seevlak tot so hoog as 2000 m bo seevlak. Die boompie kom aan die kus van Suid-Afrika voor vanaf Saldanhabaai tot in die noorde van KwaZulu-Natal, asook in Mpumalanga en Limpopo. Dit kom ook in Lesotho en Zimbabwe voor.
Blinktaaibos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. lucida |
Binomiale naam | |
Searsia lucida (L.) F.A. Barkley, (1962-1963 gepub. 1965) | |
Sinonieme | |
|
Die blomme is klein en roomwit. Die vrugte, sowat 4 mm in deursnee, word blinkbruin as hulle ryp raak. Die boom staan ook bekend as die wakstaaibos en in Engels as Glossy currant.
Subspesies wysig
Die spesie het het drie subspesies:
- Searsia lucida f. elliptica (Sond.) Moffett
- Searsia lucida f. lucida
- Searsia lucida f. scoparia (Eckl. & Zeyh.) Moffett
Die boom se FSA-nommer is 388.1.[1]
Sien ook wysig
Verwysings wysig
Bronne wysig
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladAardverwarmingNazi-DuitslandHolocaustPornhubTropiese sikloonErfenisDroogteAntoniemApartheidAdolf HitlerCarles PuigdemontIntensiewe vormSuid-AfrikaSteve BikoErfenisdag (Suid-Afrika)MieliestronkGeweldEugenetikaAardbewingTrappe van vergelykingRobbeneilandVryheidsdagKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVergelykings (taalkunde)Nelson MandelaSpesiaal:Onlangse wysigingsVarkgriepMenseregteWet op NaturellengrondKoos du PlessisKlimaatveranderingWaterbesoedelingTweede WêreldoorlogSkoenlapperSwartbewussynsbewegingSoweto-opstandSwangerskap