Balanites

Plantgenus

Balanites is 'n genus van blomdraende plante in die familie Zygophyllaceae. Die genus kom in Afrika en Asië voor.[2]

Balanites
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Klade:Angiospermae
Klade:Eudicots
Klade:Rosids
Orde:Zygophyllales
Familie:Zygophyllaceae
Subfamilie:Tribuloideae
Genus:Balanites
Delile, (1813)[1]
Spesies
Sien teks
Sinonieme
  • Agialid Adans.
  • Agiella Tiegh.
  • Agihalid Alpinio ex Juss.
  • Alanites Delile

Kenmerke wysig

Spesies van die genus het saamgestelde blare wat eenkeer verdeel met twee pinnas en ook stewige dorings wat óf enkelvoudig óf gevurk is. Die vrugte, bas en blare van groendorings kan as 'n visgif gebruik word en 'n ekstrak kan selfs gebruik word om landslakke dood te maak. Die vrugte lewer eetbare olie van goeie gehalte. Wanneer die vrugte brand is dit hulle olie-inhoud wat die genus ook die naam fakkelhout gee. Die hput van die boom word gebruik om lepels en bakke mee te maak.

Spesies wysig

Verwysings wysig

  1. "Genus: Balanites Delile". Germplasm Resources Information Network. United States Department of Agriculture. 5 Oktober 2007. Besoek op 12 Oktober 2010.
  2. https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:331380-2

Sien ook wysig

Eksterne skakels wysig