Arnold Vosloo

Arnold Vosloo (gebore 16 Junie 1962, Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy is bekend vir die titelrol wat hy vertolk in die 1999-film The Mummy en die vervolg in 2001, The Mummy Returns.[1]

Arnold Vosloo
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Arnold Vosloo in 2009

Geboorte16 Junie 1962 (1962-06-16) (61 jaar oud)
Pretoria
NasionaliteitSuid-Afrikaans
Beroep(e)Akteur
RolprenteThe Mummy
The Mummy Returns
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Loopbaan wysig

Vosloo het sy loopbaan in die Suid-Afrikaanse teater begin waar hy verskeie Dalrotoekennings gewen het vir sy optredes in toneelstukke soos Don Juan, Hamlet, en Môre is 'n Lang Dag. Hy het vinnig 'n bekende persoon in Pretoria se Staatsteater geword.

In 1984 gaan hy oor na rolprente, en speel die hoofrol in Boetie gaan border toe!, 'n komedie oor die Grensoorlog, saam met Frank Opperman. Ook in Circles in the Forest as Saul (gebaseer op die boek Kringe in 'n Bos van Dalene Matthee ) in 1990. Later speel Vosloo in die 'Boetie'-opvolger, Boetie op maneuvers in 1986.

Met sy aankoms in die VSA keer Vosloo terug na die teater waar hy optree in Born In The RSA en in 'n kortstondige produksie van Salomé saam met Al Pacino.

Sy Amerikaanse filmdebuut was in 1492: Conquest of Paradise (1992). Hy verskyn later in die twee minder suksesvolle vervolgverhale van die 1990 -film Darkman, Darkman II: The Return of Durant (1994) en Darkman III: Die Darkman Die (1996), en vul die skoene van Liam Neeson as die karakter Darkman. Hy is ook bekend daarvoor dat hy skurke vertolk soos in die John Woofilm Hard Target (1993), met Jean-Claude Van Damme in die hoofrol. Hy vertolk die titelrol van die 1999 film The Mummy (met Brendan Fraser in die hoofrol), asook die opvolger hiervan in 2001, The Mummy Returns. In albei films speel hy Imhotep, 'n ou Egiptiese hoëpriester. Vosloo speel ook François Molay, die hoofskurk se handlanger, in die 2003-film Agent Cody Banks.

Benewens sy filmloopbaan speel hy 'n gasrol in verskeie TV-reekse, waaronder The Red Shoe Diaries, American Gothic (1995), Nash Bridges (1995), Charmed (2000), Alias (2004) en NCIS (2009). Hy was een van die hoofkarakters in Veritas: The Quest (2003).

In 2004 keer Vosloo terug na Suid-Afrika om in Forgiveness te speel, 'n film oor 'n eks-polisieman wat na die familie van 'n anti-Apartheidsaktivis soek wat hy vermoor het. Ook speel hy die huursoldaat Colonel Coetzee in die 2006 film Blood Diamond, wat gedeeltelik verfilm is in Suid-Afrika. Vosloo se aangesig, sowel as sy stem, is gekies as die hoofheld (Saul Myers) in die videospeletjie Boiling Point: Road to Hell, wat in 2005 gepubliseer is. Hy vertolk ook die rol van die Cobra huursoldaat, Zartan, in die 2009 videospeletjie G.I Joe: The Rise of Cobra.[2][3][4]

Filmografie wysig

JaarTitelRolNotas
1984Boetie gaan border toe!Boetie van Tonder
1985Morenga Schiller
1987Skeleton CoastBlade
Saturday Night at the Palace Dougie
Steel DawnMakker
1988Act of Piracy Sean Stevens
GorNorman
1989Reason to Die Wilson
The Revenger Mackie
1990Circles in a Forest Saul
Living to DieJimmy
The Rutanga TapesAssad
Buried AliveKen Wade
1992The Finishing Touch Mikael Gant
1492: Conquest of ParadiseGuevara
1993Red Shoe Diaries 2: Double DareBill
Hard TargetPick van Cleaf
1994Darkman II: The Return of DurantDarkman/Dr. Peyton Westlake
1995American GothicRafael SantoTV-reeks
Fallen AngelsMacManTV-reeks
1996Nash BridgesAlex AbeTV-reeks
Darkman III: Die, Darkman, DieDarkman/Dr. Peyton Westlake
1997Zeus and RoxanneClaude Carver
1998Rough DraftStefan
ProgenyDr. Craig Burton
1999Strange WorldDark-Haired ManTV-reeks
The MummyHigh Priest Imhotep
2000CharmedDarklighterTV-reeks
2001The Red Phone: Manhunt WolfTV-film
The Mummy ReturnsHigh Priest Imhotep
2002Endangered SpeciesWarden
Con ExpressAnton Simeonov
Warrior AngelsLuke
Global Effect Dr. Richard Hume
2003Veritas: The QuestVincent SiminouTV-series
Agent Cody BanksFrancois Molay
The Red Phone: CheckmateWolfTV-film
2004AliasMnr. ZismanTV-reeks
Meltdown Khalid/SandsTV-film
ForgivenessTertius Coetzee
200524Habib MarwanTV-reeks, herhalende karakter
Im Auftrag des Vatikans (Death Train)LennartTV-film
2006Blood DiamondKolonel Coetzee
2007Living & DyingOndersoekbeampte Rick Devlin
SharkAndre ZitofskyTV-reeks
2008Odysseus and the Isle of the MistsOdysseus
SharkAndre ZitofskyTV-reeks
2009ChuckVincentTV-reeks
Fire and Ice: The Dragon ChroniclesKing Augustin
NCISMossad Officer Amit HadarTV-reeks
G.I. Joe: The Rise of CobraZartan
2011Vanilla Gorilla?Familie-avonture. Vrystellingsdatum: 24 April 2011.
The Precious OneKevin StentWare verhaal oor die Olimpiese atleet Precious McKenzie.
Four SaintsBaron de T’Serclaes
2013G.I. Joe: RetaliationZartan
2013Odd ThomasTom Jedd
2015Shark KillerNix
2018The HarrowingDr. Franklin Whitney
2020GriekwastadColonel Dick de Waal
2022Silverton SiegeKaptein Johan Langerman
2022LudikDaan LudikTV-reeks

Verwysings wysig

  1. Janie Monsieur (22 Augustus 2019). "Arnold Vosloo oor SA en rol in 'Griekwastad'". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2019. Besoek op 22 Augustus 2019.
  2. Interview from May 2020 (YouTube)
  3. Laetitia Pople: Pacino verstommend - Arnold Vosloo 'New York is stimulerend én neerdrukkend', Beeld-Kalender, 5th of May 1992.
  4. Franklin, Garth (18 Februarie 2008). "Logo, Prez & More "G.I. Joe" Updates". Dark Horizons. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2008. Besoek op 23 Februarie 2008.