Blourokke

internasionale geloofsgemeenskap in die anabaptistiese tradisie

Die Spadereën (algemeen bekend as die Blourokke) is ‘n internasionale geloofsgemeenskap in die Evangeliese Pinkster tradisie en is die enigste kerkgenootskap wat in Suid-Afrika ontstaan het.

Agtergrond wysig

In die 16de eeu het die Wederdopers (ook bekend as die Anabaptiste) ‘n sterk godsdiensgroepering in Europa geword. Die Apostoliese Geloofsending (die AGS) in Suid-Afrika handhaaf nagenoeg dieselfde denkbeelde. Afsplinterings van die AGS is die Volle Evangelie Kerk (was nooit ń afsplintering van die A.G.S. nie maar ń same smelting van twee afsonderlike sending organisasies in die 1920's en later ook in genootskap met die "Church of God" in Thenessee VSA in die 1950's daarom het die volle naam vandag: Die Volle Evangelie Kerk van God.) en die Spadereën. Op hul beurt het die Lede in Christus-kerk weer van laasgenoemde afgeskei.

Stigting wysig

Hierdie Christelike gemeenskap is in 1927 in Benoni gestig toe Martha Maria Fraser ‘n besondere geestelike belewing ondervind het. Sy en ‘n groep medegelowiges het in hulleself die eerste druppels van die laat reën van die Heilige Gees gesien. Hulle het hulle naam ontleen aan ‘n ou Nederlandse vertaling van Sag. 10 vers 1:

            “Begeert van den Heer regen, ten tijde des spaden regens;              de Heer maakt de weêrlichten;              en hij zal hun genoeg geven voor ieder kruid op het veld.”

Geloofsoortuigings wysig

Kenmerke van hierdie kerk is die doop deur onderdompeling, die “spreek in tale” en die verklaring daarvan en die opvallende ligblou rokke van die vroulike lidmate. Wat leerstellings betref, is daar weinig verskil met die van ander Pinksterkerke. Die verskil lê eerder in die groter of minder klem wat op sekere geloofskwessies gelê word.

Verspreiding wysig

Die kerk se hoofsentrum in Suid-Afrika is die Jatniël-kompleks by Benoni. Jatniël is ‘n dorpie vir lidmate van die kerk en hier word ook die kweekskool gehuisves. Soortgelyke kerkdorpies is in in ander provinsies en in Duitsland en Switserland gestig. Ook in Namibië, Zimbabwe en Australië woon lidmate. In Suid-Afrika is daar vroeg in die 21ste eeu ‘n 15 000 aanhangers van die Spadereën.

Bibliografie wysig

  • https://lrmi.org.za
  • www.discerningtheworld.com
  • www.litnet.co.za/spade-ren-sending-blourokke/
  • www.spadereen.org.za