Windows 8

Microsoft Windows 8 is 'n nuwer weergawe van die Windows-bedryfstelsel wat as opvolger vir Windows 7 ontwikkel is. Die bedryfstelsel is amptelik op 26 Oktober 2012 vrygestel. Sy opvallendste kenmerk is die nuwe "teël"-koppelvlak wat op 'n verskeidenheid toestelle kan werk - selfone, tablet- en konsole (tafel)-rekenaars. Dit kan met al drie primêre instrumente - muis, toetsbord en raakskerm - beheer word. Windows 8 het die vinnigste aanskakel- en laaispoed van alle Windows-weergawes, alhoewel die beginkieslys verwyder is.

Windows 8
Deel van die Microsoft Windows-familie
Ontwikkelaar
Microsoft Corporation
Webbladhttp://windows.microsoft.com
Vrystellings
Aanvanklike vrystelling26 Oktober 2012
Huidige weergawe6.2 Build 9200 (Windows 8)
6.3 Build 9600 (Windows 8.1)
BronkodemodelGeslote bron
KerntipeWindows NT
Platforms wat ondersteun wordx86, x86-64
Windows RT, Windows Phone 8 vir ARM-argitektuur
Voorafgegaan deurWindows 7
Opgevolg deurWindows 8.1 (Okt 2013)
Windows 10 (Julie 2015)
Ondersteuningstatus
Verdere leesstof

'n Spesiale ARM-weergawe vir raakskermtoestelle sonder Intel- of AMD-verwerkers (dus veral tabletrekenaars met ARM-argitektuur), Windows RT, is eweneens vrygestel. Sagteware vir hierdie bedryfstelsel kan slegs in die Windows-aanlynwinkel afgelaai word, terwyl gewone Windows-sagteware nie op RT-toestelle uitgevoer kan word nie.

Sien ook wysig