Willie Toweel

Willie Michael Toweel (6 April 193425 Desember 2017) was 'n Suid-Afrikaanse bokser wat 'n bronsmedalje by die Olimpiese Somerspele 1952 in Helsinki in die vlieggewigafdeling gewen het. Hy het ook Suid-Afrikaanse titels in vier ander gewigsafdelings gewen: kapok-, veer-, lig- en weltergewig. Hy was die broer van Vic Toweel, 'n voormalige wêreldkampioen.

Willie Toweel
Statistiek
GeboortenaamWillie Michael Toweel
GewigklasVlieggewig en andere
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Geboorte6 April 1934
Benoni, Suid-Afrika
Sterfte25 Desember 2017 (op 83)
HoudingOrtodoks
Boksrekord
Totale gevegte54
Oorwinnings46
Oorwinnings met uitklophou23
Verloor6
Gelykop2

Bron wysig