Wiki How:Interessante brokkies/Voorblad

...dat Swede in 1712 30 Februarie op 29 Februarie laat volg het deur die Sweedse kalender af te skaf?

... dat Asië en Noord-Amerika op verskillende tye in die verlede deur die Beringlandbrug verbind is? Die laaste keer was tussen 22 000 en 7 000 jaar gelede.

...dat die taalkundige verhouding tussen Fidjiaanse Hindi en Hindi soortgelyk is aan dié tussen Afrikaans en Nederlands? Fidjiaanse Hindi het uit die Oos-Hindi-dialekte Awadhi en Bhojpuri ontstaan, met verskeie Engelse en Fidjiaanse leenwoorde.

...dat die Gautrein se spoorwydte van 1 435 mm breër is as die standaardwydte van 1 067 mm van die Suid-Afrikaanse smalspoor? Dit is só gekies om die trein se stabiliteit te verseker teen sy topsnelheid van 160 km/h.

... dat die Ellis Park-stadion nie na William Webb Ellis vernoem is nie? Dit is vernoem na 'n Johannesburgse stadsraadslid mnr. J.D. Ellis wat die grond vir die oprigting van die stadion beskikbaar gestel het.