Trakarivier

Die Trakarivier is 'n rivier wat loop in die Karoo en die Klein-Karoo.

Trakarivier
StroomgebiedWes-Kaap, Suid-Afrika
Oorsprongnoord van die Swartberge en Klaarstroom
Mondingnaby Toorwater, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Olifantsrivier, Klein Karoo
Oorsprong-hoogte900 m
Ligging van Trakarivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Trakarivier
Trakarivier
Koördinate: 32°52′59.99″S 22°37′59.99″O / 32.8833306°S 22.6333306°O / -32.8833306; 22.6333306Koördinate: 32°52′59.99″S 22°37′59.99″O / 32.8833306°S 22.6333306°O / -32.8833306; 22.6333306

Hierdie rivier ontspring noord van die Swartberge en Klaarstroom, langs die N12-pad tussen Meiringspoort en Beaufort-Wes en op 'n hoogte van 900 m bo seespieël. Daarna vloei dit ooswaarts in die rigting van Willowmore. By Vondeling (33º 20' suid, 23º 7' oos) sluit die Sandrivier uit die noordooste by die Traka aan. Met die Toorwaterpoort gaan die rivier suidwaarts deur die Slypsteenberg. By Toorwater, 'n 8 km van Barandas, vloei die Traka in die Olifantsrivier, Klein Karoo.

Dit bring dus water uit die streke ten noorde en noordooste van Klaarstroom van die Karoo na die Klein-Karoo. Dit reën egter baie min in die rivier se opvanggebied.

Let Wel: Hierdie rivier moet nie met die Tarkarivier verwar word nie.