Toledo, Ohio

Toledo (/təˈld/) is 'n hawestad en die setel van Lucas County, in die deelstaat Ohio en is ongeveer 88 km suid van Detroit.[1] Toledo is 'n belangrike hawestad in die Midde-Ooste van die Verenigde State, en die vierde grootste stad in Ohio, na Columbus, Cleveland en Cincinnati, en volgens die sensus van 2010, die 71ste grootste stad in die Verenigde State. Met 'n bevolking van 274 975 dien dit as 'n belangrike handelsentrum vir die Noord-Sentraal-Verenigde State.

Toledo

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Ohio
 CountyLucas
 Koördinate41°40′N 83°34′W / 41.667°N 83.567°W / 41.667; -83.567
 Stigting1833
 Inkorporasie1837
 Oppervlakte: 
 - Totaal217,87 vk km
 Hoogte bo seevlak187 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2013)282 313
 - Bevolkingsdigtheid1 374,3/vk km
 TydsoneEST (UTC -5)
 SomertydEDT (UTC -4)
 BurgemeesterPaula Hicks-Hudson (D)
 Amptelike Webwerftoledo.oh.gov

Sy hawe is die vyfde besigste in die Groot mere en die 54ste grootste in die Verenigde State.[2][3] Die stad is aan weerskante van die Maumeerivier gebou, wat hier in die Eriemeer uitmond. Die nedersetting het dorpstatus gekry nadat dit met 'n naburige nedersetting, Vistula, saamgesmelt het in 1833.

Motorvervaardiging wysig

Die Jeep CJ is aanvanklik (1944-1953) deur "Willys Overland" in Toledo gebou, voordat die fabriek na Maryland verskuif is.

Verwysings wysig

  1. "Find a County". National Association of Counties (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2015. Besoek op 6 Junie 2020.
  2. "Toledo's population continues to decline, according to census estimate". Toledo Blade (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020. Besoek op 6 Junie 2020.
  3. "Port Industry Statistics". www.aapa-ports.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2020. Besoek op 6 Junie 2020.
  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 22, Bladsy 351.