Short Stirling

Britse viermotorige bomwerper

Die Short Stirling was die eerste viermotorige bomwerper van die Britse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die prototipe het sy nooiensvlug op 14 Mei 1939 voltooi. Dit is verwoes tydens die landing. Hierdie vliegtuig het op 10 Februarie 1941 sy eerste operasionele vlug voltooi oor Rotterdam waar die teiken 'n olieraffinadery was. Gedurende 1942 is hulle gebruik met die eerste strategiese bombarderingmissies wat later deur die Handley Page Halifax en Avro Lancaster voortgesit is. Hulle het ook deelgeneem aan die eerste 1000-bomwerper missie.

Short Stirling
Stirling N6101 besig om vol bomme gelaai te word.
TipeBomwerper
VervaardigerShort Brothers
Nooiensvlug14 Mei 1939
Bekendstelling10 Februarie 1941
StatusUit diens gestel
HoofgebruikerBritse Lugmag
Aantal gebou2 371
Short Stirling Mark I

Tegniese besonderhede wysig

Besonderhede van die Short Stirling BIII:
ItemStatistiek
Aantal motors4
Tipe motorSkroef
VervaardigerBristol Hercules XVI stermotor
Kraglewering per motor1650 perdekrag
Vlerkspan30,20 m
Lengte26,59 m
Hoogte6,93 m
Maks. opstygmassa31 751 kg
Maks. snelheid435 km/h op 4 420 m
Operasionele hoogte5182 m
Togafstand met vrag van 1588 kg.3 235km
BewapeningTwee 0.303 Browing masjiengewere in neus,

twee in die dorsale skiettoring en
vier in die stertskiettoring.

Bomvrag6,350 kg

Bron wysig