Pous Sixtus III

Sixtus III was die 44ste pous van die Katolieke Kerk.

Pous Sixtus III
Pontifikaat begin31 Julie 432
Pontifikaat eindig18 Augustus 440
VoorgangerCelestinus I
OpvolgerLeo I
Gebore
Rome, Italië
Sterf18 Augustus 440
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Sixtus
Sint Sixtus III
Feesdag28 Maart (Ortodokse)
18 Augustus (Katolieke)

Biografie

wysig

Pous Sixtus III is 'n Romein van geboorte. Op 31 Julie 432 volg hy Pous Celestinus I op en regeer tot sy dood op 18 Augustus 440. Hy word opgevolg deur Pous Leo I. Die naam ‘Sixtus’ beteken ‘die sesde’ in Latyn, maar die Griekse "Ξυστος" (Xystus) beteken ‘die beskaafde‘.[1]

Pontifikaat

wysig

Sixtus het reeds onder die bewind van pouse Zosimus, Bonifatius I en Celestinus I baie invloed gehad. Hy het met Augustinus gekorrespondeer. Hy verdedig die bestuursmag van Rome oor Illiricum teen die biskop van Thessaloniki. Op die plek van die Basilika Liberiana bou hy die Santa Maria Maggiore as herinnering van die konsilie van Efese.[1]

Verering

wysig

Sixtus III word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 18 Augustus.[2]

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 (en) Davis, R (2001). Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis). Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7.
  2. (en) Weber, Nicholas (1912). "Pope St. Sixtus III". The Catholic Encyclopedia. Vol 14. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 15 September 2017.

Eksterne skakels

wysig

Nota

wysig

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

wysig
Voorafgegaan deur
Celestinus I
Pous (Pontifex Maximus)
432440
Opgevolg deur
Leo I