Perm-krai

federale deelgebied van Rusland

Perm-krai (Russies: Пе́рмский край, Permski krai) is ’n deelgebied van Rusland wat op 1 Desember 2005 tot stand gekom het ná die samesmelting van Perm-oblast en die outonome okroeg Komi-Permjak. Dit lê in die Wolga- Federale Distrik en die hoofstad is Perm.

Perm-krai
Пермский край
Die ligging van Perm-krai in Rusland.
Die ligging van Perm-krai in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrikWolga
Ekonomiese streekOeral
Stigting1 Desember 2005
Regering
HoofstadPerm
LeierWiktor Basargin
AmpGoewerneur
WetgewerWetgewende Raad
Bevolking
Sensus2010
Totaal2 635 276
Volgorde17de
Digtheid16,41/km2
Stedelik75%
Plattelands25%
Statistiek
Oppervlakte160 600 km2
Volgorde24ste
TydsoneUTC+06:00
Registrasienommer90
Amptelike taleRussies
Webtuistehttp://www.perm.ru
Wapen en vlag

Portaal  Portaalicoon  Rusland

Komi-Permjak het sy outonome status en eie begroting behou tydens die oorgangstydperk van 2006 tot 2008. Die oorgangsfase is deels ingestel omdat Komi-Permjak baie afhanklik was van federale subsidies en ’n skielike beëindiging daarvan sou sy ekonomie kwaai geskaad het.

Geografie wysig

Perm-krai is in die ooste van die Oos-Europese Vlakte en aan die westelike hange van die Oeralgebergte geleë. Altesaam 99,8% van sy grondgebied lê in Europa en net 0,2% in Asië.

Die krai grens in die noorde aan die Republiek Komi, in die noordweste aan Kirof-oblast, in die suidweste aan Oedmoertië, in die suide aan Basjkortostan en in die ooste aan Swerdlofsk-oblast.

Die gebied se grense is langer as 2 200 km. Die hoogste punt is berg Toelimski Kamen (1 496 m).

Daar is meer as 29 000 riviere in Perm-krai. Hulle behoort tot die stroomgebied van die Kamarivier, die grootste tak van die Wolga, en het ’n totale lengte van meer as 90 000 km.

Demografie wysig

Volgens die Russiese sensus van 2010[1] is die bevolkingsyfer van die Perm-krai 2 635 276; minder as die 2 819 421 van 2002[2] en nog minder as die 3 099 994 volgens die Sowjetsensus van 1989.[3]

Volgens die 2010-sensus was 87,1% van die bevolking Russe, 3,2% Komi-Permjaks, 4,6% Tatare en 1,3% Basjkiriërs. Van die ander groepe (almal minder as 1%) was Oekraïners, Oedmoerte, Belarusse en Duitsers. Altesaam 119 538 mense het nie hulle etnisiteit verklaar nie. Daar word geraam die verspreiding van dié groep is dieselfde as vir die groep wat wel hulle etnisiteit verklaar het.[4]

Daar is sowat 40 740 Basjkiriërs in die krai. Tatare woon feitlik oral in die streek. Omdat daar vir ’n lang tyd aktiewe kontak tussen die twee groepe was, is dit in sommige gebiede moeilik om hulle te onderskei.[5][6]

Godsdiens wysig

Volgens ’n opname in 2012[7][8] behoort 43% van die krai se bevolking tot die Russies-Ortodokse Kerk, 5% is Christene maar behoort nie tot ’n spesifieke denominasie nie, 4% is Moslems, 2% beoefen ’n volksgodsdiens, 1% is Ougelowiges en die res het nie ’n geloof aangedui nie.

Sowat 24% van die bevolking het gesê hulle is spiritueel, maar nie godsdienstig nie, en 14% is óf ateïsties óf ongelowig.[7]

Stede en dorpe wysig

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 Оценка численности населения на 1 января 2014 года и в среднем за 2013 год Geargiveer 19 Oktober 2015 op Wayback Machine (ru)
  2. Russian Federal State Statistics Service (21 Mei 2004). "Численность населения России, субъектов Российской Федерации в составе федеральных округов, районов, городских поселений, сельских населённых пунктов – районных центров и сельских населённых пунктов с населением 3 тысячи и более человек" [Population of Russia, Its Federal Districts, Federal Subjects, Districts, Urban Localities, Rural Localities—Administrative Centers, and Rural Localities with Population of Over 3,000] (XLS). Всероссийская перепись населения 2002 года [All-Russia Population Census of 2002] (in Russian). Besoek op 23 Desember 2020.
  3. "Всесоюзная перепись населения 1989 г. Численность наличного населения союзных и автономных республик, автономных областей и округов, краёв, областей, районов, городских поселений и сёл-райцентров" [All Union Population Census of 1989: Present Population of Union and Autonomous Republics, Autonomous Oblasts and Okrugs, Krais, Oblasts, Districts, Urban Settlements, and Villages Serving as District Administrative Centers]. Всесоюзная перепись населения 1989 года [All-Union Population Census of 1989] (in Russian). Институт демографии Национального исследовательского университета: Высшая школа экономики [Institute of Demography at the National Research University: Higher School of Economics]. 1989. Besoek op 23 Desember 2020 – via Demoscope Weekly.
  4. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 23 Desember 2020.
  5. Статья о башкирах на сайте РОО "Хомай" Geargiveer 26 Februarie 2011 op Wayback Machine
  6. ТАТАРЫ. Энциклопедия «Пермский край» Geargiveer 5 Oktober 2011 op Wayback Machine
  7. 7,0 7,1 "Arena: Atlas of Religions and Nationalities in Russia". Sreda, 2012.
  8. 2012 Arena Atlas Religion Maps. "Ogonek", № 34 (5243), 27/08/2012. Besoek op 21/04/2017. Geargiveer.

Skakels wysig

🔥 Top keywords: