Oond (sterrebeeld)

sterrebeeld

Die Oond (Latyn: Fornax) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is in 1756 deur die sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille voorgestel. Hy het dit oorspronklik Fornax Chemica ("chemiese oond") genoem, maar dit is later verkort.

Oond
Latynse naamFornax
GenitiefFornacis
AfkortingFor
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming3h
Deklinasie-30º
Grootte398 vk. grade (41ste)
KwadrantSQ1
Besonderhede
Hoofsterre2
Helderste sterAlpha Fornacis (α For)
Naaste sterLP 944-20
Sterre helderder as 3 m0
Sterre met planete6
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre27
Aangrensende sterrebeelde
Walvis, Beeldhouer, Feniks, Eridanus
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe wysig

Die Oond bevat die verste deel van die heelal wat nog gefotografeer is, die Hubble- Ultradiep Veld, en die Fornax-swerm, ’n klein swerm sterrestelsels, asook tientalle ultra-kompakte dwergsterrestelsels (van sowat 120 ligjare breed.[1])

Die sterrestelsel UDFj-39546284 is die verste bekende ruimtevoorwerp van die Aarde af (in Januarie 2011). Dit is met behulp van die Hubble-UDV-foto opgespoor.

Verwysings wysig

Eksterne skakels wysig