Klippies Kritzinger

Johannes Lodewyk (Klippies) Kritzinger (1 Maart 194818 Februarie 2016) was 'n Springbokrugbyspeler wat sewe toetse gespeel het en ook deel was van die eerste Vrystaatspan wat die Curriebeker verower het.

Klippies KritzingerRugbyportaal
Volle naamJohannes Lodewyk Kritzinger
Geboortedatum1 Maart 1948
GeboorteplekHarrismith, Vrystaat
Sterftedatum18 Februarie 2016 (op 67)
SterfteplekCenturion, Gauteng
Lengte1.9 m
Massa114 kg
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s)Flank
Professionele / senior klubs
JareKlub / spanWeds(pte)
Diggers
Provinsiale- / Staatspanne
JareKlub / spanWeds(pte)
1974
1975
Transvaal
Vrystaat
Nasionale span(ne)
JareLandWeds(pte)
1974–1976Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika12(5)

Kritzinger maak sy toetsdebuut op 13 Julie 1974 teen die Britse Eilande in Port Elizabeth (toe 26 jaar oud). Hy speel sy laaste toets op 18 September 1976 in Johannesburg teen Nieu-Seeland (28-jarige ouderdom). In totaal het hy in 7 toetse, 5 toerwedstryde en 12 Springbokwedstryde gespeel.

Eksterne skakels wysig