Hulda Versteegh M.D.

(Aangestuur vanaf Hulda Versteegh, M.D.)

Hulda Versteegh M.D. is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1970 uitgereik is. Die oorspronklike verhaal was ’n roman deur Christine du Plessis wat in die laat sestigerjare as ’n vervolgverhaal in die tydskrif Huisgenoot verskyn het. Wilna Snyman speel die vroulike hoofrol.

Hulda Versteegh M.D.
RegisseurKappie Botha
DraaiboekChristine du Plessis (roman)
Euodia Kritzinger (draaiboek)
MetWilna Snyman, Louis Heyns, Milla Louw
Uitgereik1970
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
IMDb-profiel

Genre wysig

Die rolprent is 'n romantiese drama.

Storielyn wysig

’n Stadsmeisie trek na ’n klein dorpie waar haar kleredrag, rookgewoonte en opvatting oor godsdiens die konserwatiewe gemeenskap skok en daartoe lei dat hulle haar vermy. Dan raak sy en die dorp se jong predikant op mekaar verlief.

Sien ook wysig