Hierdie artikel handel oor die adellike titel. Sien Graaf (werktuig) vir die artikel oor die tuinimplement.

Graaf (Duits: Graf, Nederlands: Graaf; vroulik gravin) is 'n adellike titel wat in Frankiese gebiede ontleen is aan middeleeuse Latyngrāvius wat beteken het “koninklike bestuursamptenaar, toesighouer”. Die Latynse woord is weer afgelei van die Grieks grapheús wat skrywer beteken.[1][2] Die titel is ekwivalent aan die Franse Compte en die Engelse Count en Earl.[3] 'n Graaf het oor 'n gebied wat as 'n graafskap bekend gestaan het geheers.

'n Frankiese graaf was oorspronklik 'n beampte wat slegs uitvoerende gesag gehad het, maar wat sedert die 6de eeu ook voorsitter van die mallus (volksvergadering, regsbank – Lex Salica) was. Aangesien 'n koninklike bestuursamptenaar 'n hoë posisie was en dikwels ook 'n titel gehad het, het die betekenis ontwikkel tot ‘edelman van sekere rang’.[1] Die betekenis ‘toesighouer, bestuurder’ leef voort in die Nederlandse dijkgraaf en Duitse Deichgraf wat verwys na 'n persoon wat behels is met die bestuur van 'n waterskap.[1]

In die Germaanse noorde en ooste van die Frankiese Ryk is die term Grafio gebruik terwyl in die Gallo-Romaanse suide en weste die Latynse comes gebruik is. Dit het aanleiding gegee tot die Duitse Graf, Gräfin en Nederlandse Graaf, Gravin teenoor die Franse Comte, Comtesse, Italiaanse Conte, Contessa, Spaanse Conde, Condesa ens.[4]

Lys van adellike titels wat die term graaf bevat wysig

Daar het funksionele en institusionele verskeidenheid onder die graaflike ampte bestaan:

AfrikaansDuitsEngelsFransKommentaar/ etimologie
Markgraaf en MarkiesMarkgrafMargrave (slegs kontinentale Europa) en
(meer onlangs) Marquess of Marquis
marquiseMark (grens provinsie) + Graaf
LandgraafLandgrafLandgravelandgraveLand + Graaf
RyksgraafReichsgrafCount of the Empire-Ryk i.e., (die Heilige Romeinse Ryk) + Graaf
Gefürsteter GrafPrincely Count-Gefürsteter Graf -- Duitse werkwoord "om 'n Reichsfürst" te maak+ Graf
PaltsgraafPfalzgrafCount Palatine
of Palsgrave (laasgenoemde is in Engelse argaïes)
comte palatinPalts + Graaf
RyngraafRheingrafRhinegrave-Ryn (rivier) + Graaf
BurggraafBurggrafBurgraveburgraveBurg (kasteel, burg) + Graaf
AltgrafAltgrave-Alt (oud) + Graf (baie raar)
VrygraafFreigrafFree Count-Vry + Graaf; beide 'n feudale titel van comital rank en 'n meer tegniese amp
WildgraafWildgrafWildgrave-Wild (wild of wildernis) + Graaf
RougraafRaugrafRaugrave-Rou (rou, onbewoon, wildernis) + Graaf
VisegraafVizegrafViscountvicomteVise = onder- + Graaf

Verwysings wysig

  1. 1,0 1,1 1,2 Etymologisch Woordenboek van het Nederlands, besoek op 26 Desember 2007
  2. Meyers Lexocon online2.0, Graf (Adelstitel), besoek op 26 Desember 2007
  3. Mark Odegard, A Glossary of European Noble, Princely, Royal, and Imperial Titles, [1], 23 September 1996, besoek op 26 Desember 2007
  4. JSTOR, The Position of the Grafio in the Constitutional History of Merovingian Gaul, Alexander Callander Murray, Speculum, Vol. 61, No. 4 (Oct., 1986), pp. 787-805 doi:10.2307/2853968

Eksterne skakels wysig

🔥 Top keywords: