Douglas DB-7

Amerikaanse twee motorige bomwerper

Die Douglas DB-7 is 'n tweemotorige bomwerper wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Amerikaanse, Britse en Franse Lugmagte gebruik is. Die vliegtuig het sy nooiensvlug op 23 Januarie 1939 onderneem.

Douglas DB-7
A-20G van die United States Army Air Forces
TipeBomwerper
VervaardigerDouglas Aircraft Company
Ontwerp deurEd Heinemann
Nooiensvlug23 Januarie 1939
StatusUit diens gestel
HoofgebruikersFranse Lugmag
Britse Lugmag
Amerikaanse Lugmag
Aantal gebou7 478
WeergawesDouglas DC-5

Geskiedenis

wysig

Die vervaardiger Douglas het in 1938 'n ontwerp van sy model 7A ingedien na aanleiding van 'n spesifikasie van die Amerikaanse Leër. Die spesifikasie het 'n tweemotorige aanvalsbomwerper versoek. Douglas is toestemming verleen om twee prototipes te bou. Die eerste prototipe het as Model 7B bekend gestaan en was toegerus met 1 100 perdekrag Twin Wasp motors en het 'n driewielonderstelontwerp gehad.

Die Franse Lugmag het in Februarie 1939 sy eerste bestelling van 100 eenhede geplaas.

Tegniese besonderhede

wysig
Besonderhede van die Douglas Boston IIIA:
ItemStatistiek
Aantal motors2
Tipe motorSkroef
VervaardigerWright R-2600-23 Cyclone stermotor
Kraglewering per motor1 600 perdekrag
Vlerkspan18,69 m
Lengte14,40 m
Hoogte5,36 m
Maks. opstygmassa11 113 kg
Maks. snelheid550 km/h op 3 962 m
Operasionele hoogte7 391 m
Togafstand met maks. bomvrag1 690 km
BewapeningTwee 0.30 Browning masjiengewere weerskante in die neus
en twee in dorsale skiettoring
Een 0.303 Vickers masjiengeweer in ventrale posisie.
Bomvrag907 kg in bomlaai

Bron

wysig