Bespreking:Bulbinella barkerae

Bulbinella barkeriae P.L.Perry vs. Bulbinella barkerae P.L.Perry wysig

Gemeenskap, sien positiewe antwoord van Prof Ben-Erik van Wyk:

Goeiemôre Deon Steyn,

Bly te kenne.

Ek beveel aan dat u die naam Bulbinella barkerae gebruik, ten spyte daarvan dat die naam B. barkeriae op die “amptelike” Suid-Afrikaanse kontrolelys van plantname verskyn (sien aangeheg).

My aanbeveling berus op (1) die korrekte Latynse vorm vir die epiteton, wat na ‘n vrou vernoem is en dus in die korrekte vroulike vorm moet wees; (2) Wikimedia het ook ‘n internasionale gehoor en dit sal dus beter wees om die internasionale (eerder as die Suid-Afrikaanse) praktyk te volg – die name van die Kew databasis is taalkundig korrek, met die gevolg dat hulle name ter wille van konsekwentheid voorkeur behoort te geniet (sien verduidelikende voorbeeld en verdere inligting hieronder, indien u daarvoor tyd het).

Bly om te kan help.

Met beste wense (en groot waardering vir die belangrike werk wat u doen om Suid-Afrikaanse belange te bevorder).

Ben-Erik

Die oorsprong van B. barkeriae is die “amptelike” Suid-Afrikaanse databasis van plantname wat deur die Nasionale Botaniese Instituut (SANBI) geredigeer word. Die databasis kan bereik word deur Google, met NEWPOSA as sleutelwoord. Ek het al die Bulbinella name afgelaai (soos wat hulle tans in Suid-Afrika gebruik word).

Die oorsprong van B. barkerae is die Koninklike Botaniese Tuin, Kew, Engeland, wat internasionaal as die top-outoriteit vir plantname beskou word. Hul internasionale lys plantname kan by IPNI (International Plant Names Index) bereik word.

Die kenners van plantnomenklatuur by Kew bring dikwels taalkundige korreksies vir Suid-Afrikaanse plantname aan. Dit is tipies van name wat nie die korrekte uitgang volgens Plantkundige Latyn gehad het toe hulle oorspronklik beskryf is nie. ‘n Identiese en relevante voorbeeld uit die aalwyne is Aloidendron barberae, wat oorspronklik as Aloe barberiae T.-Dyer gepubliseer is maar wat later verander is na A. barberae (die korrekte vroulike vorm). Terwille van konsekwentheid is Bulbine barkerae dus ‘n beter keuse.


Prof. Ben-Erik van Wyk

DST-NRF South African Research Chair in Indigenous Plant Use Department of Botany and Plant Biotechnology

Telephone: 011 559 2412 E-mail: [email protected]

Website: www.uj.ac.za

Office: D2 Lab 233

Terug na "Bulbinella barkerae"-bladsy.