Ahmet II Khan Ghazi (Ottomaanse Turks: احمد ثانى, moderne Turks: II.Ahmet; 25 Februarie 1643 – 6 Februarie 1695) was van 1691 tot 1695 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die seun van sultan Ibrahim en het sy broer Süleyman II in 1691 opgevolg.

Ahmet II
Sultan van die Ottomaanse Ryk
Kalief van Islam

Volle naamSultan Ahmet Khan Ghazi
Ottomaanse naamاحمد ثانى
Tydperk22 Junie 1691
6 Februarie 1695
StadiumStagnasie van die Ottomaanse Ryk
HuisOsman
VoorgangerSüleyman II
OpvolgerMustafa II
Toegra

Net ’n paar weke ná sy troonbestyging het die Ottomaanse Ryk ’n groot nederlaag gely teen Oostenryk en is hulle uit Hongarye verdryf. In die vier jaar van sy bewind het die een terugslag ná die ander die ryk getref. Hy is in 1695 oorlede, uitgemergel deur siekte en hartseer.

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wiki How