Agostinho Neto

António Agostinho Neto (17 September 1922 - 10 September 1979) was die eerste president van Angola (1975–1979), nadat hy die Populêre Beweging vir die Bevryding van Angola (MPLA) gelei het in die oorlog vir onafhanklikheid (1961–1974). Hy het tot en met sy dood die MPLA in die burgeroorlog gelei (1975-2002). Hy is ook bekend vir sy literêre aktiwiteite en word beskou as Angola se mees vooraanstaande digter. Sy verjaardag word gevier as Nasionale Heldedag, welke 'n openbare vakansiedag in Angola is.

Standbeeld van Agostinho Neto in Luanda

Eksterne skakels wysig