Divisie

ʼn biologiese klassifikasie rang ekwivalent aan ʼn filum wat in die plant of die swamryk gebruik word
(Aangestuur vanaf Afdeling (biologie))
Wetenskaplike klassifikasie:
Domein
Koninkryk
Filum of Divisie
Klas
Orde
Familie
Genus (geslag)
Spesie (soort)

'n Divisie (soms ook verwys na as 'n afdeling) is 'n biologiese klassifikasie rang ekwivalent aan 'n Filum wat in die plant of die swamryk gebruik word.

Die hoof plantafdelings, in die volgorde waarin hulle ontwikkel het, is die lewermosse (Afdeling Marchantiophyta), die horingbladde (Afdeling Anthocerophyta), die mosse (Afdeling Bryophyta), die varings (Afdeling Filicophyta), die perdesterte (Afdeling Sphenophyta), die broodbome (Afdeling Cycadophyta), die ginkgo (Afdeling Ginkgophyta), die keëldraende plante (Afdeling Pinophyta), die gnetophytes (Afdeling Gnetophyta), en die angiosperme (Afdeling Anthophyta). Angiosperme is die blomplante wat nou die plante wêreld oorheers (80% van alle vaatplante is angiosperme).

In dierkunde word die term afdeling gebruik om 'n opsionele rang ondergeskik aan die infraklas en superordinaat aan die cohort gebruik. 'n Algemeen gebruikte klassifikasie (e.g. Carroll 1988) erken teleost visse as 'n Afdeling Teleostei binne Klas Actinopterygii (die straalvinvisse). Minder algemeen (soos in Milner 1988), word lewende vierpotiges as Afdelings Amphibia en Amniota binne die kladode gewerweldes met vlesige ledemate (Sarcopterygii) rangskik.

Lys van plantafdelings wysig

Afdelingbetekenisgewone naamOnderskeidende eienskappe
AnthophytaBlomplantBlomplantProduseer blomme en vrugte (of naverwante produkte)
BryophytaMosplanteMosse, Lewermosse en HoringbladDiploïede spore, geen vaatstelsel nie
PteridophytaVaringplanteVaringsDiploïede spore, met vaatstelsel
PinophytaSap/pitch planteKeëldraende planteKeëls wat sade bevat
SphenophytaWigplantePerdesterteFotosinteties, hol, gelede en gerifde stamme
CycadophytaPalmplanteBroodbomeSade, kroon van saamgestelde blare
GinkgophytaGinkgo planteGinkgo, MaidenhairSade onbeskerm deur vrugte (enkele spesie)
GnetophytaGnetophytesSade en houtagige vaatstelsel
Pteridospermatophytavaring met saad planteSaadvaringsslegs bekend uit fossiele, meestal Devonian, rang in dispuut[1]

Lys van swamafdelings wysig

Afdelingbetekenisgewone naamOnderskeidende eienskappe
ChytridiomycotaKlein potsampioeneChytridsSellulose in selwande, sweepgamete
DeuteromycotaTweede sampioenNieperfekte swammePlant slegs nieseksueel voort
ZygomycotaJuksampioenZygomycetesVermeng gametangia om 'n zygosporangium te vorm
GlomeromycotaBalsampioenGeenVorm arbuskulêre mycorrhizae met plante
AscomycotaSak/Druifskil SampioenSakswammeProduseer spore in 'n 'ascus'
BasidiomycotaBasidiumsampioenGeenProduseer spore uit 'n 'basidium'

Verwysings wysig

  • Carroll, Robert L. 1988. Vertebrate Paleontology and Evolution. New York: W.H. Freeman & Co. ISBN 0-7167-1822-7.
  • Milner, Andrew. 1988. "The relationships and origin of living amphibians." In M.J. Benton (ed.), The Phylogeny and Classification of the Tetrapods, Volume 1: Amphibians, Reptiles, Birds, pp. 59-102. Oxford: Clarendon Press.

Eksterne skakels wysig