Abdülmecid II

Abdülmecid II (Ottomaanse Turks: عبد المجيد الثانى, moderne Turks: Abdülmecit; 29/30 Mei 1868 – 23 Augustus 1944) was van 1922 tot 1924 die laaste kalief van Islam van die Ottomaanse dinastie, en tot 1944 in naam die 37ste hoof van die Huis van Osman.

Abdülmecid II
Kalief van Islam

Ottomaanse naamعبد المجيد الثانى
Tydperk1922–1924
StadiumOndergang van die Ottomaanse Ryk
HuisOsman
VoorgangerMehmet VI
OpvolgerKalifaat afgeskaf

Hy was die seun van sultan Abdülaziz. Op 4 Julie 1918 het sy neef Mehmet VI sultan geword en hy die kroonprins. Toe Mehmet op 1 November 1922 van die troon gesit en die sultanaat afgeskaf is, is die kroonprins deur die nasionale vergadering in Ankara gekies as kalief van Islam. Op 3 Maart 1924 is hy afgesit en die Kalifaat afgeskaf. Hy is saam met die res van sy familie uit Turkye verban. Hy het die titel Generaal van die Ottomaanse Weermag gekry.

Abdülmecid word beskou as een van die belangrikste skilders van die laat-Ottomaanse tydperk. Sy selfportret kan vandag in die Istanboel Modern gesien word. Hy is op 23 Augustus 1944 in Parys dood.

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wiki How