Ortodokse Kerk van Albanië

Die Ortodokse Kerk van Albanië (Albanees: Kisha Ortodokse Autoqefale e Shqipërisë) is een van die jongste Oosters-Ortodokse Kerke. Dit is in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke. Die primaat van die kerk het die titel Aartsbiskop van Tirana en die Hele Albanië. Die Kerk het hom in 1922 outokefaal verklaar en dit is in 1937 deur die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel erken.

Ortodokse Kerk van Albanië
Die Teotokoskerk in Labovë e Kryqit, Albanië
Die Teotokoskerk in Labovë e Kryqit, Albanië
Stigtingsjaar1907
StigterFan Noli
StatusOutokefaal
Kerkleiding
HoofAnastasios Yanulatos
Hoof se titelAartsbiskop van Tirana en die Hele Albanië
SetelTirana, Albanië
Besonderhede
LiturgieBisantyns
Liturgiese taal  Albanees
KalenderHersiene Juliaanse kalender
Gelowiges700 000
Bisdomme6
Webtuiste
http://www.orthodoxalbania.org

Die Kerk het swaar gekry tydens die Tweede Wêreldoorlog en in die Kommunistiese tydperk daarna, veral ná 1967 toe Albanië ’n ateïstiese staat geword het en geen godsdiensbeoefening toegelaat is nie. Sedert godsdiensvryheid in 1991 herstel is, het die Kerk egter ’n oplewing beleef, met meer as 250 kerke wat herbou of gerestoureer is.

Eksterne skakels wysig

🔥 Top keywords: