Gebiedsgebondenheid
By baie diere kom daar gebiedsgebondenheid voor, dit wil sê hulle bly lank en soms selfs hul hele lewe lank in 'n bepaalde gebied. Diere wat só 'n bepaalde afgebakende gebied bewoon, sal dan ook, wanneer nodig, die reg van toegang tot so 'n gebied verdedig. Soms geld territorialiteit net ten opsigte van voortplanting, byvoorbeeld 'n nes op 'n bepaalde plek. Dikwels geld dit vir voortplanting én voeding of net vir voeding. Dit is egter duidelik dat territorialiteit 'n belangrike rol in die uitskakeling van kompetisie tussen organismes speel deurdat dit individue of groepe territoriaal beter spasieer. Hierdie verskynsel is oral in die natuur opvallend en kan maklik tydens beplande ekologiese studies waargeneem word.
![](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e9/I%27m_bigger_than_you.jpg/250px-I%27m_bigger_than_you.jpg)
🔥 Top keywords: ApokkeTuisbladSpesiaal:SoekAappokkeSpesiaal:Onlangse wysigingsCarles PuigdemontVarkgriepCobus RossouwCobus Rossouw jr.Mia GothWikipedia:GeselshoekieSeksAnnelie LotrietSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Cleopatra VIIWikipedia:Welkom nuwelingeWikipedia:GebruikersportaalPokkeSandra KotzéSwangerskapWikipedia:HulpSuid-AfrikaSeksposisieTweede WêreldoorlogLongontstekingGordelroosFietsryrewolusiePornhubWiki HowThoko DidizaSkildklierPresident van Suid-AfrikaAdjunkpresident van Suid-AfrikaAfrikaansJan BloukaasWikipedia:OmtrentLys van Suid-Afrikaanse musikanteLetterSpeaker van die Nasionale Vergadering