Coma-superswerm

Die Coma-superswerm (SCl 117) is ’n nabygeleë superswerm van sterrestelsels wat die Coma- (Abell 1656) en die Leo-sterrestelselswerm (Abell 1367) insluit. Dit is 300 miljoen ligjare van die Aarde af geleë in die middel van die Groot Muur.

Coma-superswerm
’n Kaart van die Coma-superswerm.
’n Kaart van die Coma-superswerm.
SterrebeeldBerenike se Hare
Aantal sterrestelsels3 000
Afstand300 megaligjare (92 megaparsek)
Hoofas20 megaligjare (6 megaparsek)
Kort as20 megaligjare (6 megaparsek)

Die Coma-superswerm is die naaste groot swerm aan ons eie Virgo-superswerm. Dit is rofweg bolvormig, sowat 20 miljoen ligjare in deursnee en bevat meer as 3 000 sterrestelsels. Dit lê in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is een van die eerste superswerms wat ontdek is en het sterrekundiges groot strukture in die heelal help verstaan.

Sien ook wysig

Eksterne skakels wysig

🔥 Top keywords: