Boland (rolprent)

Afrikaanse rolprent
(Aangestuur vanaf Boland!)

Boland! is ’n Afrikaanse rolprent wat in 1974 deur Kavalier Films uitgereik is. Bertrand Retief was die regisseur.

Boland!
RegisseurBertrand Retief
ProduksieleierBen Vlok
MetChris du Toit, Gaby Getz, Wena Naudé e.a.
VerspreiderKavalier Films
Uitgereik1974
Speeltyd86 min.
LandSuid-Afrika
TaalAfrikaans
IMDb-profiel

Genre

wysig

Die rolprent is ’n romantiese komedie.

Akteurs

wysig

Van die akteurs is Chris du Toit, Gaby Getz en Wena Naudé.

Storielyn

wysig

Die aantreklike Bolandse wynmaker Pieter-Jan van Yssen wil met sy ryk, bedorwe meisie trou en huur ’n bestuurder vir sy plaas vir wanneer hy op sy wittebrood gaan. Maar toe Jakobus Johannes Lodewikus du Toit op die plaas aankom, vind Pieter-Jan uit dis ’n vrou. Hy probeer Kobie soos ’n man behandel, maar dit raak al hoe moeiliker. Teen die tyd dat hy besef sy is die vrou vir hom, is sy aan sy beste vriend verloof en het sy troudag aangebreek.

Sien ook

wysig