Atlas (werwel)

Die atlas is die eerste werwel van die werwelkolom. Omdat die eerste gedeelte van die werwelkolom as die nekwerwelkolom bekend is, word die atlas as C1 aangedui. Aan die bokant van die atlas sit twee groot gewrigsvlakke, waarop die skedel rus. Die naam atlas verwys na die mitologiese figuur Atlas, wat die lugruim op sy skouers moes dra.

Atlas
Inligting en eksterne bronne
Die posisie van die atlas (in rooi).
Die posisie van die atlas (in rooi).
Die atlas.
Die atlas.
Inligting
LatynAtlas, vertebra cervicalis I
StelselWerwelkolom
Eksterne bronne
MeSHD001270
FMA12519
Gray's AnatomyBl. 99

Die atlas verskil baie van die ander nekwerwels deurdat die werwelliggaam ontbreek. Daar is dus twee boë, die arcus anterior en arcus posterior. By albei boë word ’n klein knoppie, die tuberculum anterius en tuberculum posterius, aangetref. Laasgenoemde is dikwels baie swak ontwikkel.

Ook die tweede nekwerwel het ’n naam: die aksis (C2).

Eksterne skakels

wysig