Étienne Bonnot de Condillac, Baron d'Holbach, Johann Wolfgang von Goethe, Milan Kundera, Günter Grass, Jacques Barzun
Handtekening
Denis Diderot (* 5 Oktober1713 in Langres (Champagne-Ardenne); † 31 Julie1784 in Parys) was 'n Franse skrywer en Verligtingsfilosoof. Diderot het in die skadu van ander Europese filosowe van die Verligtingstydperk gestaan soos Voltaire en Jean-Jacques Rousseau, maar saam met Jean-Baptiste le Rond d'Alembert bekendheid verwerf as redakteur van die groot Franse Encyclopédie ou Dictionnaire raisonné des sciences, des arts et des métiers.
Diderot was 'n verteenwoordiger van die materialistiese stroming binne die Franse Verligtingsfilosofie wat alle dinge op suiwer kausale verhoudings teruggevoer het. In sy vroeë geskrifte en romans (waaronder Pensées philosophiques of "Filosofiese gedagtes", 1746) het Diderot kwessies rondom menslike insigvermoë en die moontlikheid van sekere kennis en waarheid behandel.
Sy filosofiese romans weerspieël sy skeptiese lewensbeskouing. Diderot lewer hier kritiek op bestaande magstrukture en ontwikkel die idee van 'n ideale en vrye samelewing waarin die mens as indiwidu sentraal staan. Diderot word met sy oortuigings as een van die wegbereiders vir die Franse Rewolusie beskou.
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.