Idioom

Vaste spreekwoord of segswyse wat eie is aan 'n spesifieke taal, streek of volksgroep

'n Idioom is 'n vaste spreekwoord of segswyse wat eie is aan 'n spesifieke taal, streek of volksgroep. Idiome het gewoonlik 'n dieper betekenis wat uit die tradisies, geskiedenis en leefwyse van 'n volk gegroei het. Dit is nie altyd moontlik om die betekenis van 'n idioom uit die woorde af te lei nie, omdat dit baie op figuurlike spraak berus. Vir die rede kan idiome ook nie direk van een taal in 'n ander vertaal word sonder om die betekenis daarvan in ag te neem nie.

Sy praat 'n hond uit 'n bos uit.

Afrikaans, as taal, is besonder ryk aan idiome. Idiome in Afrikaans is nie noodwendig in Engels of in ander tale beskikbaar nie. Die omgekeerde is egter ook waar. Direkte vertaling van idiome kan tot foutiewe (en soms komiese) vertalings lei. As voorbeeld: "Jan skiet 'n kat" beteken nie noodwendig dieselfde as "Jan shoots a cat" nie, maar moet na gelang van die konteks eerder vertaal word as "Jan is vomiting".

Voorbeelde wysig

Enkele voorbeelde van idiome:

IdioomBetekenis
'n Adder in eie boesem hê'n Verraaier / indringer / skelm
'n Appeltjie te skilIemand uittrap of redeneer oor 'n saak
Van bakboord na stuurboord stuur'n Persoon herhalend na ander persone verwys / Instruksies gee wat onnodig ingewikkeld is.
Balke saagErg snork
Piet is been-af op SanniePiet is verlief op Sannie
Nie op sy/haar bek geval nieLewer maklik 'n opinie
Jy kan dit vir die bobbejane vertelEk glo dit nie
Die bobbejaan agter die berg gaan haal'n Moeilikheid tegemoet loop; jou vreeslik kwel oor iets wat nog glad nie eens gebeur het nie
Te diep in die bottel kykOm 'n dronklap te wees
Dis 'n bietjie te dik vir 'n daalderDis te erg/moeilik om te glo[1]
Daar sal dadels van komDaar sal niks van kom nie
Doekies omdraaiLieg
Die lepel in die dak steek / die gees geeSterf / breek
Om ook 'n eiertjie te lêIets (bykomends) te sê hê
Hy is 'n haan onder die henneDie gewildste man tussen die vroue
Geen haan sal daarna kraai nieNiemand sal later iets te sê hê daaroor nie
Elke haan is baas op sy eie mishoopElkeen wil op sy eie gebied baas wees
Gaan vang 'n haan!"Los my uit" of gaan net weg.
Op iemand se hakke sitHom/haar voortdurend agtervolg
Iemand se hakskene word al rooiOm te begin belangstel in die teenoorgestelde geslag
Die hand aan eie lewe slaanSelfmoord pleeg
Die hand in eie boesem steekJouself ondersoek om te sien of daar nie skuld by jou lê nie
As een hand die ander was, word albei skoonAs die een die ander help, word albei bevoordeel
Iemand se hand in die as slaanOm iemand by 'n meisie uit te oorlê
Van die hand na die tand leweNet genoeg verdien om van te lewe
Van die hand wysWeier, afwys
Die handdoek ingooiDie stryd gewonne gee (oorspronklik in boks gebruik)
Met die hand in die hare sitWorstel met 'n probleem
Iemand in die hare vliegStry of baklei
Die hare laat waaiWoes baklei
Met die hoed in die hand iets vraVerleë iets by 'n belangrike persoon kom vra
Die hoenders in maakKwaad maak
In 'n japtrap klaarsienIets (byvoorbeeld 'n taak) vinnig afhandel
Die kat in die donker knypStoutigheid aanvang (gewoonlik seksueel van aard)
'n Kat skietBraak, opgooi, naar word
Klippe gooi na glashuiseDoen iets wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie
Die koeël is deur die kerkIets is afgesluit; dis gedane sake
Die kool is nie die sous werd nieDis nie die moeite werd/koste werd nie
Daar loop iemand oor my graf'n Koue rilling kry
Van jou lotjie getikMal wees
Jy kan dit maar op jou maag skryf (en met jou hemp afvee)Daar sal niks van kom nie
Jou mantel na die wind draaiJou op beginsellose wyse na omstandighede skik
Muisneste hêdeurmekaar wees van verliefdheid/verslons wees
Met pens en pootjies / met hoek en sinker / met skoene en alHeeltemal
Die kar voor die perde inspanIets verkeerd-om doen
Om die pyp te rookMet iets slaag; wen[2]
Dit reën katte en hondeDaar val swaar reën
In die rooi wees (met geld)Om in die skuld / oortrokke by die bank te wees
Jy kan maar jou ou skoene agterna gooiJy moet dankbaar wees om dit/hom/haar te kry
Daar is 'n slang in die grasIets is nie pluis nie
Spek skiet'n Leun vertel of onwaarheid kwyt raak
'n Stuiwer in die armbeurs gooiSaampraat
Uit die veld geslaan weesTeleurgesteld of beskaamd wees
Iemand is nie hier om vlieë te vang nieIemand is nie sonder rede hier nie
Sit nie langs dieselfde vuur nieStem nie saam met iemand nie
Water uit 'n klip tapOm met min die onmoontlike reg te kry
Iemand van sy wysie af bringIemand heeltemal deurmekaar maak

Verwysings wysig

Eksterne skakels wysig