Woschod-ruimteprogram

Die Woschod-ruimteprogram (Russies: Восхо́д; "Opstyging", "Dagbreek") was ’n projek van die Sowjetunie vir twee bemande vlugte in die ruimte. Dit het gevolg op die Wostok-ruimteprogram – herwonne komponente is gebruik ná die kansellasie van dié program.

Woschod 1 en 2

Ontwerp wysig

Dit is nou bekend dat die Woschod-program slegs daarop gemik was om Sowjet-eerstes in die ruimte te behaal – die eerste sending met twee mense en die eerste ruimtewandeling. Daarna is die program afgeskaf ná net twee sendings. Dit is vervang deur die beter Sojoes-program.

Die Woschod-ruimtetuig was eintlik ’n aangepaste Wostok-tuig. Die uitskietstoel is verwyder en twee of drie banke vir die bemanning is bygevoeg teen ’n 90 grade-hoek van die Wostok-bemanningsposisie. Die posisie van die instrumente is egter nie verander nie, sodat die bemanning hul nekke teen ’n hoek van 90 grade moes draai om die instrumente te sien.

Daar was geen manier vir die bemanning om te ontsnap tydens ’n noodgeval met die lansering of landing nie.

Vlugte wysig

Onbeman wysig

  • Kosmos 47 – onbemande toetsvlug
  • Kosmos 57 – onbemande toetsvlug, onsuksesvol
  • Kosmos 110 – Twee honde, Weterok en Oegoljok, 22 dae, gelanseer op 22 Februarie 1966.

Bemanning wysig

SendingGelanseerDuurLandingBemanningNotas
Woschod 112 Oktober 19641 d 0 u 17 m 3 s13 Oktober 1964Wladimir KomarofKonstantin FjoktistofBoris JegorofEerste vlug met meer as een mens
Woschod 218 Maart 19651 d 2 u 2 m 17 s19 Maart 1965Pawel BeljajefAleksei LeonofEerste ruimtewandeling

Eksterne skakels wysig


Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wiki How