Wortel (groente)

Die eetbare wortel is plantkundig dieselfde soort as die Nederlandse inheemse plant, die wilde "peen" (Daucus carota).
Die tuinwortel is selektief gekweek om sy erg-vergrote, soeter en smaakliker, minder houtagtige vurkwortel te produseer.

Wortel
Geplukte vars wortels.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
D. carota
Binomiale naam
Daucus carota
Wortels kan selektief gekweek word om verskillende kleure te produseer.
Daucus carota subsp. maximus

Geskiedenis wysig

Die huidige oranje wortel is slegs die resultaat van selektiewe oor-en-oor kruising. Die eerste wortels kom oorspronklik uit Persië (vandag Iran) en is deur die V.O.C. in die 17de eeu [1] na Nederland gebring. Die wortel word hierna in Nederland gekruis totdat dit die oranje kleur van die Huis van Oranje-Nassau aanneem, deur die verhoging van betakaroteen (Vitamien A)-vlakke daarin. Dus het die wortel sy huidige kleur aan die 'Oranjes' van Nederland te danke. Die oranje wortel word daarna in die 17de eeu oor die res van Europa versprei.

Bestanddele wysig

Die berekende voedingswaarde van 100 gram vars wortel is:[2]

Energiewaarde173 kJ (41 kkal)
Koolhidraat9,6 gram
Proteïne1 gram
Vet0,2 gram
Vitamien C5,9 mg
Betakaroteen8 mg
Vitamien B10,07 mg
Vitamien B20,05 mg
Vitamien B60,27 mg
Fosfor36 mg
Kalium328 mg
Kalsium35 mg
Magnesium13 mg
Sink0,27 mg
Yster0,3 mg

Verwysings wysig

  1. BBC News
  2. "USDA National Nutrient Database for Standard Reference". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2015. Besoek op 9 Junie 2012.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki How vertaal.