Witonderbos

plantspesie

Die witonderbos (Trichocladus ellipticus) is 'n klouterplant of klein boom. In Engels staan dit as die White witch-hazel bekend.[3]

Witonderbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Klade:Angiospermae
Klade:Eudicots
Orde:Saxifragales
Familie:Hamamelidaceae
Genus:Trichocladus
Spesie:
T. ellipticus
Binomiale naam
Trichocladus ellipticus
Eckl. & Zeyh., (1837)

Verspreiding wysig

Dit word in moerassige woudgebiede vanaf Mosselbaai tot in die noorde van KwaZulu-Natal, in die Drakensberge van Mpumalanga en die oostelike hooglande van Zimbabwe aangetref. In Suid-Afrika kom die ondersoort T.e. ellipticus voor. Dit is endemies aan Suid-Afrika en op die SANBI-rooilys word dit as veilig gelys.[2]

Assosiasie wysig

Die swamspesie Koordersiella insectivora (Hansf.) D. Hawksw. & O E Erikss. parasiteer op dopluisinsekte (Hemiptera) wat op hierdie boom voorkom.[4]

Beskrywing wysig

Hout: Wit, hard en taai, dikwels met 'n swart kern.[3]

Bas: Jong stamme, takkies en stingels is bedek deur fluweelagtige bruin hare, maar word volwasse tot 'n haarlose grysbruin kleur.[3]

Blare: Die blare is beide alternatief en spiraal gerangskik, ellipties tot lansetvormig, met 'n skerp punt en 'n effens meer geronde basis. Volwasse blare is donker, blinkgroen aan die bokant en ligter onder met digte, verroeste roomkleurige hare. Dit is gewoonlik 7 cm lank, maar kan wissel van 5 cm tot 15 cm in lengte, en 2,5 – 7,5 cm breed. Die blaarsteel is 0,5 – 2 cm lank.[3]

Blomme: Wissel in kleur van 'n gelerige groen tot roomkleurig. Die puntige, gegaafde okselstandige of terminale koppe is ongeveer 2 cm in deursnee, en lyk baie soos die Hamamelis s'n in vorm. Manlike en vroulike dele word op aparte blomme gedra, óf op dieselfde of verskillende eksemplare (kan óf eenhuisig of tweehuisig wees). Die plant blom van September tot Desember.

Vrugte: Klein, sag, amper sferiese 5x6 cm kapsules wat verdeel in twee kleppe, wat elkeen in homself verdeel. Vrugte word tussen Desember en Februarie gedra.[3]

Sien ook wysig

Verwysings wysig

  1. https://apiv3.iucnredlist.org/api/v3/taxonredirect/146300478
  2. 2,0 2,1 "SANBI" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 Keith, Paul & Meg Coates Palgrave: "Trees of Southern Africa", edn 3, imp. 4. Random House Struik. Kaapstad. 2002. ISBN 978-1-86872-389-8. pp 243, 244
  4. E. Rong, I.H. & Grobbelaar (1998title=South African records of associations between fungi and arthropods). African Plant Protection. 4 (1). {{cite journal}}: Gaan datum na in: |year= (hulp); Ontbrekende of leë |title= (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

Bronne wysig