Wiki How:Geselshoekie


Maak vrede in Oekraïne, nie oorlog nie!
Sien ook:
Verdere hulp:

Vir volledige hulp, riglyne en beleid (algemeen en spesifiek), raadpleeg gerus die

Crystal Clear app file-manager.png
Argief
04-0620072008
200920102011
201220132014
201520162017
201820192020
2020.220212022
Hoe word 'n argief aangelê?

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se algemene geselshoekie. Enigiemand is welkom om deel te neem aan die besprekings hier: onderteken asseblief u besprekings deur ~~~~ te tik, of die "Handtekening met datum"-ikoon (Handtekening met datum) te kies op die redigeringskieslys.

Ou besprekings word na die argief geskuif (sien die navigasiekas regs). As u 'n gesprek wil voortsit wat reeds in die argief is, word aanbeveel dat u die betrokke dele uitknip en hier plak.

Hierdie blad is vir algemene besprekings, besprekings omtrent 'n spesifieke artikel kan op daardie artikel se besprekingsblad begin word; sodoende kan dit ook deur toekomstige bydraers en redigeerders gelees word.

Vir die jongste nuus van WikimediaZA, besoek gerus ons Facebook bladsy, word lid van die Afrikaanse poslys of besoek ons Tuisblad in Afrikaans

Sibuyan Sea

Gemeenskap, wat sal bogenoemde in Afrikaans wees? Groete! Oesjaar (kontak) 10:10, 5 September 2022 (UTC)

Ek kry dit nie, maar na aanleiding van die Nederlandse en Duitse Wikipedia sou ek sê Sibuyansee. ~ Burgert (kontak) 10:41, 5 September 2022 (UTC)

IP-adres gebruikers...

Gemeenskap, ek word nou moeg om blatante vandalisme, moedswilligheid, astrantheid, vloekwoorde ens. dag-na-dag deur IP-adres gebruikers reg te maak of terug te rol en dan die mense te versper. Ek dink dit is tyd dat ons as 'n gemeenskap daaroor praat en 'n besluit neem. Ek stel voor dat ons nie meer IP-adres gebruikers toelaat nie en dat sodanige gebruikers as gebruikers registreer voor hulle enige bydraes maak. Ek voorsien gereelde opleidingsessies regdeur die land waar ons die voornemende gebruikers kan help en bystaan om te registreer. Julle menings... Groete! Oesjaar (kontak) 17:26, 5 September 2022 (UTC)

  •   Ondersteun – Ek stem honderd persent saam. 'n Mens moet elke wysiging deur 'n IP-gebruiker gaan tjek, en die meeste is vandalisme. Ons het nie genoeg mense om dit te doen nie. ~ Burgert (kontak) 17:58, 5 September 2022 (UTC)
Dit is moeilik vir my om te besluit. Dit (blokkering van IP-adres wysigings) gaan teen die filosofie van Wikipedia, maar ek moet erken dat meeste IP-adres wysigings gemors is (op afwiki). Daar is darem waardevolle IP-adres wysigings. Wil ons die verloor net om ons eie lewens makliker te maak? Die projek is nie net vir "ons" (geregistreerde gebruikers) nie. Dit is vir almal wat belang stel in Afrikaans. - Rooiratel (kontak) 11:04, 6 September 2022 (UTC)
Daar is bitter min waardevolle IP-adreswysigings. Dié een of twee mense moet maar registreer. ~ Burgert (kontak) 13:06, 6 September 2022
Ek stem 100% saam met Oesjaar. Volgens en:Ban on IPs on ptwiki, paid editing for Tatarstan, IP masking het die Portugese Wikipedia in Oktober 2020 as 'n gemeenskap besluit om IP-adres gebruikers te verban. Dit het blykbaar gelei tot 'n aansienlike afname in vandalisme op die Portugese Wikipedia soos ek dit verstaan. Ek sien Oesjaar het vanaand weer 'n IP-adres gebruiker versper. Die handjievol IP-adres gebruikers wat nou en dan waardevolle bydraes maak moet maar registreer. Groete! Lefcentreright (kontak) 19:34, 6 September 2022 (UTC)
Ons kan miskien 'n boodskap plaas vir IP-adresgebruikers wat iets probeer wysig, soos: "Ons sal baie waardeer as jy registreer weens die werkslas wat vandalisme deur IP-adresgebruikers vir ons meegebring het." JMK (kontak) 22:09, 6 September 2022 (UTC)
  Ondersteun – Ek stem ook 100% saam met Oesjaar...verban die verpeslike IP adresse! --  Aliwal2012 10:41, 7 September 2022 (UTC)
  Neutraal – die jammerte is omtrent elke IP-adres wysiging is vandalisme. Sou tog graag wil hê almal wat wil kan Wikipedia wysig, en daar is geldige redes om anoniem te wysig. Doen dalk 'n toetslopie van 6 maande? Dumbassman (kontak) 15:43, 8 September 2022 (UTC)
Of ons kan begin deur probleemgebruikers permanent te versper eerder as 1 maand. D.w.s. as jy duidelik hier is vir grappies bêre ons jou weg en vergeet van jou. Zero verdraagsaamheid, maar op individuele vlak. JMK (kontak) 17:44, 8 September 2022 (UTC)
Dit maak steeds nie die werkslas minder nie.   Aliwal2012 17:55, 8 September 2022 (UTC)
En daar is die probleem dat verskeie mense dieselfde IP-adres gebruik, of dat iemand se IP-adres verander. As jy dit blokkeer, blokkeer jy 'n klomp onskuldige mense ook. ~ Burgert (kontak) 18:49, 8 September 2022 (UTC)
As die plan is om alle onskuldiges te blokkeer, kan ons seker maar 'n paar onskuldiges per abuis blokkeer. En as die IP-adres verander kan dit seker nie baie gebeur nie? As ons situasie egter is dat ons daagliks nuwe vandale teëkom, is my voorstel nie die oplossing nie. JMK (kontak) 22:54, 8 September 2022 (UTC)
Ek stem saam met Gebruiker:Dumbassman, kom ons doen 'n toetsloop van 6 maande en kyk hoe dit gaan. Ek stem ook saam met Gebruiker:Rooiratel dat ons wil hê almal moet kan bydra, maar ongelukkig lyk dit of die meerderheid anonieme bydraers vandale is of toetswysigings maak. En soos Gebruiker:Burgert Behr sê, hulle kan mos 'n rekening skep indien hulle werklik van plan is om bydraes te maak. – K175 (skil 'n appeltjie) 09:22, 9 September 2022 (UTC)
  Gekant – Uit die artikel Wiki How: "Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word." Hoe verduidelik ons dit vir ander, as dit nie die geval is nie? Buitendien sien ek baie goeie anonieme wysigings. Wie van ons het nie as 'n IP begin nie? :) Groete. --   SpesBona 18:30, 11 September 2022 (UTC)
Enigiemand kán dit uitbrei; hulle moet net registreer soos op enige ander webtuiste waar jy iets wil skryf. ~ Burgert (kontak) 18:35, 11 September 2022 (UTC)

Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk

Gemeenskap, dankie aan Gebruiker:Burgert Behr wat 'n reuse klomp werk gedoen het om te verseker dat ons Wikipedia op datum is as gevolg van die koningin se afsterwe! Ek kon dit nie doen. Groete! Oesjaar (kontak) 11:23, 9 September 2022 (UTC)

Plesier! ~ Burgert (kontak) 12:26, 9 September 2022 (UTC)
Dankie Gebruiker:Burgert Behr!
As prins William se titel weer binne die volgende 10 jaar verander, weier ek om die artikels oor te verander. ~ Burgert (kontak) 11:26, 10 September 2022 (UTC)
Ek sal hom sê... Weereens dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 11:40, 10 September 2022 (UTC)

Afsterwe en staatsbegrafnis van Elizabeth II

Gemeenskap, bogenoemde artikel is vertaal deur Gebruiker:Blommetjie1. Die gebruiker was deel van die opleidingsessie op 4 Aug te die SAAWK. Wat 'n artikel om mee te begin! Sjoe!. Help asb waar julle kan! Groete! Oesjaar (kontak) 13:31, 15 September 2022 (UTC)

Goeie poging, maar daar is nou letterlik 'n honderd rooi foute in die verwysings. Ek sal maar uit liefde vir die saak hand bysit om dit te herstel, fase 4 beurtkrag pla maar!   Aliwal2012 18:21, 15 September 2022 (UTC)
NS: Die rooi foute is nou herstel na 'n dag se gesukkel! Aliwal2012

Infoboks vir die (vliegdekskepe)

Gemeenskap, dit sal hoog waardeer word as iemand slimmer as ek met die Infobokse kan help! Groot asb! Groete! Oesjaar (kontak) 19:58, 16 September 2022 (UTC)

Ons Facebook blad.

Gemeenskap, ons FB blad se ledetal het gisteraand deur die 1000 merk beweeg. Tans 1005 lede! Groete! Oesjaar (kontak) 07:20, 17 September 2022 (UTC)

The Vector 2022 skin as the default in two weeks?

 
The slides for our presentation at Wikimania 2022

Hello. I'm writing on behalf of the Wikimedia Foundation Web team. In two weeks, we would like to make the Vector 2022 skin the default on this wiki.

We have been working on it for the past three years. So far, it has been the default on more than 30 wikis, including sister projects, all accounting for more than 1 billion pageviews per month. On average 87% of active logged-in users of those wikis use Vector 2022.

It would become the default for all logged-out users, and also all logged-in users who currently use Vector legacy. Logged-in users can at any time switch to any other skins. No changes are expected for users of these skins.

About the skin

[Why is a change necessary] The current default skin meets the needs of the readers and editors as these were 13 years ago. Since then, new users have begun using Wikimedia projects. The old Vector doesn't meet their needs.

[Objective] The objective for the new skin is to make the interface more welcoming and comfortable for readers and useful for advanced users. It draws inspiration from previous requests, the Community Wishlist Surveys, and gadgets and scripts. The work helped our code follow the standards and improve all other skins. We reduced PHP code in Wikimedia deployed skins by 75%. The project has also focused on making it easier to support gadgets and use APIs.

[Changes and test results] The skin introduces a series of changes that improve readability and usability. The new skin does not remove any functionality currently available on the Vector skin.

  • The sticky header makes it easier to find tools that editors use often. It decreases scrolling to the top of the page by 16%.
  • The new table of contents makes it easier to navigate to different sections. Readers and editors jumped to different sections of the page 50% more than with the old table of contents. It also looks a bit different on talk pages.
  • The new search bar is easier to find and makes it easier to find the correct search result from the list. This increased the amount of searches started by 30% on the wikis we tested on.
  • The skin does not negatively affect pageviews, edit rates, or account creation. There is evidence of increases in pageviews and account creation across partner communities.

[Try it out] Try out the new skin by going to the appearance tab in your preferences and selecting Vector 2022 from the list of skins.

How can editors change and customize this skin?

It's possible to configure and personalize our changes. We support volunteers who create new gadgets and user scripts. Check out our repository for a list of currently available customizations, or add your own.

Our plan

If no large concerns are raised, we plan on deploying in the week of October 3, 2022. If your community would like to request more time to discuss the changes, hit the button and write to us. We can adjust the calendar.

If you'd like ask our team anything, if you have questions, concerns, or additional thoughts, please ping me here or write on the talk page of the project. We will gladly answer! Also, see our FAQ. Thank you! SGrabarczuk (WMF) (talk) 04:14, 22 September 2022 (UTC)

@SGrabarczuk (WMF):, after 3 years that somebody did something about something on Wikipedia, we as the community must make a call in 13 days about something that we do know nothing of. Tragic but I guess that is the Foundation's ways.... Oesjaar (kontak) 05:45, 22 September 2022 (UTC)
Hello @Oesjaar. Thank you for pointing at this problem. I understand that you'd prefer for your community to be informed more frequently. That's fair. As you can see, everything we've done is documented on wiki. We can have a longer discussion here - we don't have to make any sudden changes. SGrabarczuk (WMF) (kontak) 18:43, 29 September 2022 (UTC)
  Gekant Ek like dit niks. I am raising a large concern. Dumbassman (kontak) 06:08, 22 September 2022 (UTC)
  Ondersteun ek gebruik dit al vir 'n paar maande en hou daarvan. Dit is makliker om te lees, en om tussen tale te wissel. Die inhoudsopgawe is nou aan die kant van die bladsy en neem nie plek op in die bladsy se inhoud nie. @Dumbassman: wat hou hy nie daarvan nie? @Oesjaar: hulle het klomp kennisgewing gegee, selfs hier op ons geselshoekie. Gaan kyk in die argief. - Rooiratel (kontak) 10:34, 22 September 2022 (UTC)
Ek verstaan 90% van die goed wat hulle sê nie, gee my eerder praktiese voorbeelde. Oesjaar (kontak) 10:38, 22 September 2022 (UTC)
Hulle het fotos hierbo geplaas wat van die grootste veranderings wys. Jy kan selfs in jou voorkeure die "Wikipedia skin" verander van "Vector (legacy)" na die nuwe "Vector 2022" om self te sien hoe dit lyk.
Maar in elk geval soos hulle sê die standaardvel vir Wikipedia gaan verander na die nuwe "Vector 2022". So al ons lesers gaan dit met die nuwe vel sien. Dit sal sin maak vir ons as gebruikers om dieselfde vel te gebruik sodat ons kan sien hoe ons wysigings rêrig sal lyk vir ons lesers. - Rooiratel (kontak) 10:47, 22 September 2022 (UTC)
'n Vel is iets wat my liggaam beskerm en 'n vektor is die rigting waarin jy loop na 'n kaartlees sessie. Glo nie verandering gaan hiermee help nie... Groete! Oesjaar (kontak) 10:54, 22 September 2022 (UTC)‎
Nou is jy net ligsinnig. Jy weet dit is net 'n naam vir die dinge. Gee 'n geldige rede hoekom ons nie die nuwe koppelvlak veranderings moet gebruik. As jy net sê dat jy nie daarvan hou nie dan erken jy dat daar niks daarmee fout is nie. Sulke niksseggende kommentaar is net geraas en dra niks by tot die gesprek nie. - Rooiratel (kontak) 11:02, 22 September 2022 (UTC)
Hey @Rooiratel dit is vir my te nou. Ek skuif ook baie my bladsye rond dan kan ek meeste van die keer niks lees nie. Dumbassman (kontak) 14:23, 22 September 2022 (UTC)
Ja, die noue lynlengtes is iets waaraan mens gewoond sal moet raak. Maar daar is baie akademiese studies oor baie jare en deur verskillende mense wat bewys dat 'n lynlengte van omtrent 80 karakters makliker is om te lees. Sien al die bronne op en:Line Length vir 'n begin. Ek verstaan nie wat jy bedoel met jou tweede sin nie. - Rooiratel (kontak) 06:45, 26 September 2022 (UTC)
Ek is nie ligsinnig nie. Ek het nog nooit met vel en vektor andersins te doen gekry nie. Ek kan nie enige rede gee vir of teen die nuwe wat-ook-al nie want ek weet nie wat dit doen of nie doen nie. Die laaste groot verandering hier by het ons het ons gelaat met Engelse teks waar daar voorheen Afr was en dit is nooit reggemaak nie. Maar dan het Wikipedia se sogenaamde kundiges nog nooit werklik omgegee oor wat ons mening is nie. Groete! Oesjaar (kontak) 11:20, 22 September 2022 (UTC)
Lyk nie veel anders nie; daar is eintlik min veranderings. 'n Mens moet dit maar net gewoon raak. ~ Burgert (kontak) 11:59, 22 September 2022 (UTC)
Die Engelse teks op die koppelvlak het verskyn omdat die oorspronklike "bron teks" vir die koppelvlak verander het. Dit moet vertaal word op translatewiki.net, en dit was van die begin af so. Lank voor ons albei hier was. Dit is dus niks nuuts nie. So as jy nie tevrede is met die Englese teks op ons koppelvlak nie, dan moet jy inspring op translatewiki.net. Ek gaan nie alles op my eie vertaal nie. En met betrekking tot die nuwe koppelvlakveranderinge: as jy weier om dit te verstaan, dan moet nie kommentaar lewer nie. - Rooiratel (kontak) 14:30, 22 September 2022 (UTC)
Hier is iets op FB oor ons nuwe vel wat op 'n vektor loop...Wikipedia Weekly Groete! Oesjaar (kontak) 18:20, 23 September 2022 (UTC)
  •   Gekant – Sedert ek met Wikipedia begin het, is ek mal oor taalskakels (Wikipedia betrek meer as 300 tale). Met die 2010-vektor is dit drasties ingekort (net nege is te sien) en met die 2022-vektor word dit nou versteek. Op Wikidata merk ek ons voorbladsterre met 'n goue ster en dit wys vir lesers daar buite dat Afrikaans vir hulle iets het om aan te bied. Ek dink maar veral aan tale soos Duits, Engels en Nederlands, waarin ons voorbladsterre vertaal kan word. Maar wie gaan dit in die toekoms sien, as taalskakels nie meer altyd sigbaar is nie? Is daar 'n opname, hoe versteek/wys van taalskakels die getal lesers beïnvloed? Groete. --   SpesBona 18:30, 25 September 2022 (UTC)
    Wat help dit jou om afwiki op die ou Vektor-2010 vel te hou (met die "sigbare" taal skakels) as al die ander wikis die nuwe Vektor-2022 vel gebruik? - Rooiratel (kontak) 06:41, 26 September 2022 (UTC)
  •   Gekant Afskaling van sigbare taalskakels is teen die Wiki-etos. Daarsonder word elke projek soos 'n Orania wat hom in sy eie silo / eggokamer inkluister. Hulle kan juis die taalskakels "sticky" maak omdat dit so belangrik is. 'n "Sticky header" is 'n lastige gimmick wat eintlik niks help nie. Ek sien net een verbetering, naamlik dat die soekraampie links skuif. Dit beteken die artikelnaam direk onder die raampie verskyn waar jy daarna gesoek het - direkte assosiasie. 2 cm ongebruikte wit spasie aan die linkerkant, dan die inhoudsopgawe, dan weer 3 cm ongebruikte wit spasie, dan die artikel - en tussen die soekraampie en artikel weer ongebruikte spasie. Hulle is laf en benut nie die bladspasie op 'n meer sinvolle manier nie. Die 2010-vel is naby optimaal, 'n paar klein verstellings kan nuttig wees. As jy nouer lynspasies wil hê, gebruik dan die regterbaan nuttig. JMK (kontak) 20:09, 27 September 2022 (UTC)
@SGrabarczuk (WMF): thank you for your message. There has been a largely negative reaction to the idea of changing to the new skin by the editors of the Afrikaans Wikipedia. The main complaints being either that it is not to their personal taste, or that the new language links will reduce visibility to our wiki. To the second objection I don't see how not changing the skin on afwiki will have any positive effect on our wiki's visibility since I am assuming most other wiki's will make the change. So far no one has given a valid reason why we shouldn't adopt the new skin, but if it would be put to a vote it would largely skew in favour of staying on the old skin. The editors on this wiki are mostly older and strongly averse to change. Apologies for the negative responses. - Rooiratel (kontak) 13:47, 28 September 2022 (UTC)
Thank you @Rooiratel for pinging me and doing the ambassador's job, for all these comments above and this summary. I very much appreciate that. Today we discovered we have a bit more flexibility, so we can continue the discussion and make the change later. I need to find out what the next date would be. It seems it'd be the week of October 17 at earliest. (Bold for others scrolling through the page to notice that bit.) I'll inform you as soon as I can. By then, we'll definitely address the concern about the language button. (On a side note, I'd like to point at my comment on the Western Frisian Wiki How which I posted just about an hour ago. In short, there are a few options for what could be done, both from the WMF side, and the volunteers' side.)
Thank you everyone for all the comments! SGrabarczuk (WMF) (kontak) 18:56, 29 September 2022 (UTC)

Die oorlog teen Afrikaans...

Gemeenskap, ek het hierdie terloops raak geloop... Oorlog teen Afrikaans. Gebruik dit as motivering want niemand anders skep ensiklopediese boeke meer nie. Groete! Oesjaar (kontak) 06:22, 22 September 2022 (UTC)

Wikipedia is miskien een rede waarom niemand meer Afrikaanse ensiklopedië beoog nie, te riskant. In 2009 was daar wel 'n interessante vertaling, Diere: Ensiklopedie vir kinders deur Human & Rouseau. Ek weet nie of enige professore nog bymekaarkom om Afrikaanse handboeke te skryf soos in die 70's en 80's nie. Daar was bv. 'n reeks wiskunde- en fisika-handleidings vir voorgraadse studente met verskeie herdrukke, waarvan die duurste een vandag R650 sou gekos het. D.w.s. baie goedkoper as die swak handboeke wat deesdae in die universiteite se boekwinkels aangebied word. Steeds 'n geleëntheid na my mening, en hopelik nie die laaste sodanige werke wat Afrikaanses ooit gaan sien nie. Wat die Maroela-opiniestuk betref: miskien is die ANC nie Afrikaans se grootste vriend nie, maar daar moet ernstig voor eie deur gevee word. 'n Wye reeks negatiewe tendense en gedragspatrone (o.m. antisosiale gedrag, barbarisme en misdadigheid) in eie geledere kniehalter Afrikaans vandag soos in die verlede. JMK (kontak) 13:25, 29 September 2022 (UTC)

Grasveldboomvaring

Gemeenskap, terwyl ek besig is om taksobokse te vervang, het ek agter gekom daar is 'n probleem met bogenoemde se taksonomie, ek dit na Dr. Ronel Klopper by SANBI verwys. Groete! Oesjaar (kontak) 14:04, 25 September 2022 (UTC)

Daar is niks fout met die spesie se taksonomie nie. Die probleem is dat daar twee genera is met die naam Alsophila, een is 'n mot en een is 'n plant. Ek het die taksoboks reggemaak. - Rooiratel (kontak) 06:54, 26 September 2022 (UTC)
Hier is die antwoord van Dr. Klopper:

Beste Deon

Dankie vir jou epos.

Vroeër was meeste boomvarings in die familie Cyatheaceae in die genus Cyathea ingesluit (daar is ook ander families wat boomvarings bevat – egter nie natuurlik in SA teenwoordig nie). Molekulêre studies het gewys dat die Cyatheaceae boomvarings duidelik verskillende groepe vorm. Sien ‘Korall et al. 2006. Tree ferns: Monophyletic groups and their relationships as revealed by four protein-coding plastid lociMolecular Phylogenetics and Evolution 39: 830–845’, vir meer inligting.

Op grond van hierdie studies is Cyathea in drie genusse opgedeel. Die Afrika boomvarings is nou almal in Alsophila.

Die nuwe klassifikasie was aanvanklik baie kontroversieel en nie almal het dit aanvanklik gevolg nie. Maar ek dink deesdae het meeste varingkundiges daarby berus.

Daarom sal ou literatuur verwys na Cyathea dregei en Cyathea capensis, maar nuwer bronne na Alsophila dregei en A. capensis.

Hoop die verduideliking klaar jou probleem op.

GroeteRonell

Lyk of daar tweespalt oor die saak is, miskien omdat die DNA-ontleding tot 'n beperkte greep van die genoom beperk is. Dit mag beteken dat die onlangse splyting op afgeleide, moontlik onbelangrike, kenmerke gebasseer is. En omdat hierdie familie in onbegaanbare bergwoude voorkom word baie nuwe ontdekkings verwag. "Alsophila" is ook nie tot Afrika beperk nie, en is dus nie afgesonderd nie. JMK (kontak) 16:31, 28 September 2022 (UTC)


IKT-navorsing in Afrikaans

Gemeenskap, iets wat julle mag interesseer... https://www.litnet.co.za/n-oorsigtelike-verkenning-van-die-omvang-en-fokus-van-inligtings-en-kommunikasietegnologie-verwante-navorsing-in-afrikaans-vir-die-tydperk-2011-2021/Groete! Oesjaar (kontak) 08:39, 7 Oktober 2022 (UTC)