Whitehorse

Whitehorse is 'n stadjie in Kanada en die hoofstad van die land se Yukon-gebied sedert 1952 toe die bestuur van die gebied van Dawson City hierheen verskuif het. Die stad beslaan 416,44 km² en die inwonertal was in 2004 23 205.

Whitehorse

KaartWapen
Vlag
 Land Kanada
 Provinsie Yukon
 Koördinate60°43′N 135°03′W / 60.717°N 135.050°W / 60.717; -135.050
 Stigting1898
 Oppervlak: 
 - Totaal416,43 vk km
 Hoogte bo seevlak670-1 702 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2006)20 461
 - Bevolkingsdigtheid49,1/vk km
 - Metropolitaanse gebied22 898
 TydsoneUTC-8 (MST)
 BurgemeesterDan Curtis
 Amptelike Webwerfwww.city.whitehorse.yk.ca
Ou geboue in Whitehorse se binnedorp

Ondanks sy afgesonderde ligging beskik Whitehorse oor talle verbindings met die res van Kanada en ook met die Verenigde State. Dit is onder meer die White Pass & Yukon Route-spoorlyn, die Yukonrivier, wat net drie maande van die jaar bevaarbaar is van Whitehorse tot by die monding en die res van die jaar bevrore is en die Alaska-snelweg.

Die stadjie se naam is afkomstig van 'n stroomversnelling in die omgewing waarvan die woeste, skuimende water aan galopende wit perde herinner.

Whitehorse het, net soos Yellowknife, die hoofstad van die aangrensende Noordwestelike Gebiede, 'n subpoolklimaat, wat wissel van uiterste temperature van gemiddeld minus 22 °C in Januarie tot gemiddeld 21 °C in Julie.

Vlag van KanadaHoofstede van KanadaWapen van Kanada
HoofstedeCharlottetownEdmontonFrederictonHalifaxIqaluitOttawaQuebecstadReginaSt. John'sTorontoVictoriaWhitehorseWinnipegYellowknife