Weegskaal (sterrebeeld)

sterrebeeld
Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Weegskaal (sterreteken).

Die Weegskaal (Latyn: Libra) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim en deel van die diereriem. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dis redelik dof en het net een ster helderder as 3 mag.

Weegskaal
Latynse naamLibra
GenitiefLibrae
AfkortingLib
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming15h
Deklinasie-15º
Grootte538 vk. grade (29ste)
KwadrantSQ3
Besonderhede
Hoofsterre4, 6
Helderste sterZubeneschamali (Beta Librae)
Naaste sterGliese 570
Sterre helderder as 3 m2
Sterre met planete3
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre46
MeteoorreënsMei-Libriede
Aangrensende sterrebeelde
Slang, Maagd, Noordelike Waterslang, Sentour (hoek), Wolf, Serpioen, Slangdraer
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Ruimtevoorwerpe wysig

Die sterrebeeld Weegskaal kan met die blote oog gesien word.

Die helderste sterre van die Weegskaal vorm ’n vierhoek:

Die sterrebeeld huisves die ster Gliese 581, wat ’n planetêre stelsel van ses planete het. Gliese 581 d en Gliese 581 g is albei baie moontlike kandidate vir lewe, hoewel Gliese 581 g se bestaan betwis word en onseker is.[1] Gliese 581 c is die eerste planeet soortgelyk aan die Aarde wat om die ster gevind is. Gliese 581 e is sover bekend die planeet met die kleinste massa wat om ’n normale ster wentel.[2] Dit is moontlik dat enige van hierdie planete lewe sal kan huisves.[3]

Geskiedenis wysig

Die Weegskaal was in die Babiloniese sterrekunde bekend as MUL Zibanu ("die weegskaal") of as die Skerpioen se Klou. Die skaal was heilig vir die songod Sjamasj, wat ook die beskermheilige van die waarheid en geregtigheid was.[4] Die sterrebeeld word sedertdien vereenselwig met die wet, geregtigheid en welwillendheid. In Arabies beteken zubānā "skerpioen se kloue" en dit kan wees hoekom die Skerpioen se kloue die Weegskaal geword het.

In die Romeinse mitologie word die sterreteken beskou as die weegskaal wat vasgehou word deur Astraia (voorgestel deur die Maagd), die godin van geregtigheid.

Die Weegskaal is die enigste sterrebeeld van die diereriem wat nie ’n lewende wese simboliseer nie.

Verwysings wysig

  1. Found: first rocky exoplanet that could host life, NewScientist, 29 September 2010
  2. Mayor, M (2009). "The HARPS search for southern extra-solar planets,XVIII. An Earth-mass planet in the GJ 581 planetary system" (PDF). Astronomy and Astrophysics. Bibcode:2009A&A...507..487M. doi:10.1051/0004-6361/200912172. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2009. Besoek op 9 Junie 2012.
  3. SPACE.com – Major Discovery: New Planet Could Harbor Water and Life
  4. Babylonian Star-lore, deur Gavin White, Solaria Pubs, 2008, bl. 175

Eksterne skakels wysig