Laeveldbittertee

(Aangestuur vanaf Vernonia colorata)

Die laeveldbittertee (Vernonia colorata) is 'n struik of 'n boom wat wyd in Afrika voorkom. In Suid-Afrika kom dit in die noorde van KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga voor. Dit is ook inheems in Aldabra, Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Chagos-argipel, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Kaap Verde, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Tanzanië, Togo, Zambië en Zimbabwe.

Laeveldbittertee
Ontwikkelende vrugtepluim van 'n Laeveldbittertee, Jan Celliers Park, Pretoria
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Klade:Angiospermae
Klade:Eudicots
Klade:Asterids
Orde:Asterales
Familie:Asteraceae
Genus:Vernonia
Spesie:
V. colorata
Binomiale naam
Vernonia colorata
(Willd.) Drake., (1900)
Sinonieme
  • Eupatorium coloratum Willd.
  • Gymnanthemum coloratum (Willd.) H.Rob. & B.Kahn

Dit groei langs strome en aan woudrande; dit is 'n bosveld en struikbosspesie.

Fotogalery wysig

Bronne wysig

Sien ook wysig

Eksterne skakels wysig